-

Schools Sport4 Skuts skiet SA's by Hoogenhout

4 Skuts skiet SA’s by Hoogenhout
4

Hoogenhout skuts skiet SA’s in pos kompetisie

Die Covid pandemie het ook sy tol ge-eis op die skole skiet kompetisie. Kompetisies kon nie meer gehou word in die tradisionele sin van die woord nie en so ook moes die SA’s dan ook met ‘n “pos” kompetisie beslis word.

Ben Greyling gesêls met Die Bulletin

Die skuts kon egter heeljaar skiet aangesien dit nie ‘n groot samekoms is nie.

Die skuts van Hoërskool Hoogenhout blink uit in die sport. Daar is 8 skuts waarvan 4 in die provinsiale span opgeneem is en gekwalifiseer het vir die Suid Afrikaanse Nasionale Posliga.

Die 4 skuts is ook almal eerste jaar skuts wat die prestasie soveel groter maak. Die twee seuns, Diaan Olivier, Jan Hendrik Jansen V Vuuren, is albei onder 14 en die twee dogters, Mekaela Engelbrecht en Suané Enslin, is onder 16.

Skuts
Diaan Olivier, Jan Hendrik Jansen V Vuuren, Mekaela Engelbrecht en Suané Enslin

Dit is voorwaar ‘n groot prestasie.

Skuts
Die konsentrasie is groot.

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Skoleskutters unie (SANSSU) bestaan uit skuts vanuit 10 provinsiale skietunies, met skuts so jonk as 9 jaar tot en met matriek.
Skuts neem deel in geweer-, presisie-, veer- en pistoolklasse, onder verskeie ouderdomsgroepe en dissiplines op ‘n 10 m afstand.

Skuts
Die senuwees knaag aan die ouers ook.

Die gewere word volgens ‘n spesifieke standaard vervaardig en is baie akuraat. Die klein koëltjies wat gebruik word weeg slegs 0,53 gram. As dit selfs ‘n fraksie minder of meer weeg kan dit die skuts negatief beinvloed.

skuts

Die kompetisie was binneshuis aangebied om eksterne faktore hok te slaan. Die skiet afstand is slegs 10 meter maar die teiken is ongelooflik klein. Die skuts skiet elke keer op ‘n nuwe teiken aangesien daar soms nie plek is om ‘n tweede skoot te kan plaas nie.

Baie geluk aan die skuts tot sovêr. Ons hoop om binnekort hulle uitslae te bring

Lees ook: Suspect arrested with a prohibited firearm

Vroer vanjaar het die span ook die streeks kompetisie gewen.

Die span met hulle goue medaljes

Kontak gerus vir Gideon Helberg by 082 461 8054 gchjhelberg@gmail.com vir enige verdere inligting. Hy is die streeksorganiseërder vir die Ermelo streek.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here

4 Skuts skiet SA’s by Hoogenhout

- Advertisement -

Latest news

SAVF Silverjare reports favourably at AGM

The SAVF Silverjare old aged home in Bethal held its AGM on Friday 23 September 2021. The Annual General Meeting...

Graceland IFA Cup 2021

Graceland hosted the inaugural IFA Cup this past weekend. The word Ifa is inspired by the Zulu word for Heritage. In...

Secunda Reformed Church morning service 26 September 2021

Welcome to the Secunda Reformed Church morning service, 26 September 2021 "Repentance" by Anton Knoetze https://youtu.be/H6E-qqCO71I Luke 3:7-18 - King James Version 7 Then...

Kruik se Oggenddiens 26 September 2021

Welkom by Kruik se oggenddiens van 26 September 2021 Vanoggend se Tema: Seisoene van verandering. https://youtu.be/YWOyVjpe8RU Daar is verskillende seisoene in ons...

You might also likeRELATED
Recommended to you