Friday, April 19, 2024

Radiodrama Slypskool op Secunda

Bookmark
Bookmarked

Die Radiodrama Slypskool word eersdaags op Secunda aangebied. Spertyd vir aansoeke is die 28ste Mei. Die slypskool word tydens die naweek van 4 en 5 Junie aangebied by Boesies.

Kom geniet die dag saam met Kobus Burger van RSG asook Hendie Grobbelaar. Dit beloof om ‘n wonderlike ervaring te wees. Kom leer van stories, spanning en klanke.

Die slypskool word gewoonlik nie buite die hoofstede aangebied nie en hierdie is ‘n gulde geleentheid om sommer hier in ons dorp die skool by te woon.

Kobus Burger gesêls met Encee van Huyssteen van die Bulletin

Wie is Kobus Burger?

Kobus Burger is die uitvoerende regisseur: drama by RSG. Sy debuut-drama, Mara wie?, het in 2008 die top 5 van die Nagtegaal-tekskompetisie gehaal en is in 2011 met die ATKV Mediaveertjie vir beste radiodrama bekroon.

Hy is die voormalige kunsredakteur van Beeld en was ook vir sowat 18 jaar ‘n toneel-, musiek- en kabaretresensent. Hy was vir ‘n hele paar jaar die voorsitter van die Absa KKNK se Kunstekabinet en later die fees se programbestuurder.

Naas die toneelverhoog en popmusiek, is kreatiwiteit sy ander passie. Hy is reeds in 2007 deur dr. Eric Maisel, die VSA se voorste kreatiwiteitsafrigter, opgelei om kunstenaars in bykans alle kunsdissiplines te help om hulle talent en kunstenaarskap uit te leef. Kobus se kreatiwiteitslypskole is al tydens die Nasionale Kunstefees in Grahamstad en die Moshito-musiekkonferensie aangebied. Hy was ook tot onlangs ‘n deeltydse lektor in die joernalistiek aan die Universiteite van Johannesburg en Pretoria.

Also Read:Welcome to Animals 101

radiodrama

Kompetisie is 25 jaar oud

Die RSG Sanlam radiodrama-skryfkompetisie was laasjaar24 jaar oud. En daar was altesame twintig finaliste. Die finaliste kon twee meesterklasse bywoon, is met RSG Sanlam geskenkpakke bederf en het mentorskap ontvang voordat die tekste in die eindronde weer eens anoniem beoordeel is.

Die totale prysgeld was R155 000 en die wendramas was van April 2021 in RSG se eerste Radioteater-seisoen vir 2021 aangehoor.

Daar was vanjaar twee rondes met twee afsonderlike panele beoordelaars. Die RSG Sanlam radiodrama-skryfkompetisie het vanjaar 385 inskrywings ontvang, sowat drie keer die hoeveelheid tekste wat gewoonlik ontvang word.

Volgens Kobus Burger, RSG se uitvoerende regisseur: drama, is die oorweldingende belangstelling in vanjaar se kompetisie ook in voeling met die groot toename in luisteraars wat RSG sedert die Grendeltyd vroeër vanjaar beleef het. “Selfs die potgooisyfers van Radioteater laat deesdae die rekords spat en dui op die passie wat luisteraars vir stories in klank het. So, op die vooraand van die kompetisie se kwarteeuviering, dui dit op ‘n dramagenre wat aanhou vernuwe en terselfdertyd nuwe stemme lok.”

Mariska Oosthuizen, Hoof van Handelsmerk by Sanlam, het gesê dat die RSG Sanlam radiodrama-skryfkompetisie, wat hul reeds van sy ontstaan die ontstaan borg, na aan die Sanlam-groep se hart lê.

“Vanjaar se toename in inskrywings wys net hoeveel Suid-Afrikaners van skryf hou en met hul kreatiwiteit gewoeker het tydens hierdie ongekende jaar vol uitdagings. As n groep glo ons daarin om welvaart te skep vir toekomstige generasies en ons sien vele ooreenkomste in die manier hoe skrywers hul teks skep. Hulle beplan versigtig aan hul karakters en storielyn om ‘n suksesvolle eindproduk te lewer.

Soos ons met waardevolle finansiële raad en daad ons kliente bystaan, bied hierdie skrywers vir Afrikaanssprekende luisteraars die voordeel van uitmuntende Afrikaanse literatuur en die lekkerte om eg Afrikaanse stories te geniet. Dit spreek beslis ook tot Sanlam as ‘n Pan-Afrikaanse handelsmerk wat almal steun om hul eie kultuur te omarm en te vier.”