-

Food Tannie Poppie se Stadig-gebakte robynrooi kwepers in vanielje-wynstroop

Tannie Poppie se Stadig-gebakte robynrooi kwepers in vanielje-wynstroop
T

Dit is ‘n naweek-projek, want jy het enigiets tussen 6 tot 9 ure (en selfs oornag as jy wil diep-dieper-diepste rooi gaan) nodig vir die kwepers om donkerrooi te kleur in die oond en vir die geur om te verdiep. As jy jou kwepers egter net roospienk wil hê of net 2 ure het om hierdie paradyslike nagereg te maak, verskaf ek daarvoor ook ‘n resep. Bedien 6
• 800 g strooisuiker
• 1 liter water of wyn van jou keuse. Ek het rosé gebruik.
• 1 vanieljepeul, oopgesny
• Dun afgesnyde skil van halwe suurlemoen
• 1 pypkaneel
• 2 steranys
• 3 groot kwepers
Metode:
• Voorverhit die oond tot 130°C. Plaas die suiker en 1 liter water in ‘n wye oondvaste skottel en verhit tot kookpunt. Voeg die vanieljepeul, suurlemoenskil en kaneelstokkie by.
• Intussen, skil die kwepers (behou die skil), sny in kwarte en verwyder die klokhuis (alhoewel ek hou die pitte in). Plaas die kwepers in die stroop soos jy aangaan, saam met die skil, om te keer dat dit verkleur. Bedek die pot met ‘n stuk bakpapier of waspapier, verhit tot dit net liggies begin kook. Sit die deksel op en plaas die bak in die oond. Bak tot die verlangde tekstuur en kleur:
5-6 ure vir ‘n medium robynrooi; 7-9 ure vir diep-rooi. As jy dit nog donkerder wil kry, skakel die oond na 9 ure af en laat oornag in die oond afkoel. Kwepers wat so in stroop gekook word hou tot ‘n maand in die yskas – as jy dit nie dan alreeds verslind het nie.
Ek sal dit bedien met zabaglione of creme fraiche.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here

Tannie Poppie se Stadig-gebakte robynrooi kwepers in vanielje-wynstroop

- Advertisement -

Latest news

Obey the road rules this Festive Season!

Motorists urged to obey road rules this Festive Season Following the launch of...

300km walk to improve housing for others

ANOTHER 300KM WALK FROM EMBALENHLE TO NELSPRUIT  Sibosiso Hlolweni has a heart for...

Afriforum skenk skoonmakmiddels

Tehuise en kerke in Morgenzon ontvang skoonmaakmiddels vanaf Afriforum AfriForum se Bethal-tak het...

So is die Lewe: Karretjiemense

Nog 'n "So is die lewe" rubriek vanuit die pen van Ds Marius Britz. Titel is...

You might also likeRELATED
Recommended to you