Friday, April 19, 2024

Huldeblyk aan Andrè en Marita du Randt

Bookmark
Bookmarked

Bethal – Op 19 Julie ontdek die polisie die ligame van twee geliefde inwoners van Bethal, Andrè en Marita du Randt .

Die ontdekking was ‘n groot skok vir almal.

andre
Andrè en Marita du Randt

Die Bulletin het aan die familie gevra om ‘n huldeblyk te skryf.

Hier volg hulle huldeblyk:

Bethal gemeenskap moes ongelukkig met groot hartseer van ń welbekende en geliefde egpaar afskeid neem. Andrè(61) en Marita(62) du Randt is op ń tragiese manier van ons af weggeneem.

Heeltemal te vroeg vir dit wat hul vir almal en ook die gemeenskap beteken en gedoen het. Hulle het met baie liefde en oop hande en harte in so baie van Bethal se aktiwiteite deelgeneem en was ook op dieselfde manier in hul familie en vriende se lewens betrokke. Hul bydraes was groot.   

André het vir 35 jaar sy beroep met passie en lojaliteit by Pannar, uitgeleef en was tans ń areabestuurder vir die Hoëveld streek. Ons gaan hom mis vir die grapjas wat hy by byeenkomste was en die noemnaampies wat hy aan almal gegee het  waarvoor hy lief was. ń Reus met ń goeie hart.

Marita was ń liefdevolle ma,  dogter, sussie, ouma, tannie en vriendin. Sy het al haar doelwitte met liefde en passie aangepak en ook so voltooi. ń Talentvolle kunstenaar wat pragtige skilderye geskilder het, uitstekende naaldwerk gedoen het, konfyt ingelê het tot vervelens toe en sy was lief daarvoor om te bak en brou. Haar familie en vriende is ook gedurig  bederf met haar handewerk. Die kerk en markte kan ook van al haar insae, met lof getuig. 

Hul laat hul seun Bennie du Randt met sy vrou Claire en hul dogter Paige agter wat hul in Engeland gevestig het. Ons sal  hul altyd onthou vir wie hul was en gaan hul verseker mis.

Lees ook die polisie persverklaring HIER

Die laaste plasing op Marita se Facebook blad was op 31 Julie deur Marita Oosthuisen. Dit was ‘n lied deur Donna Taggart met die naam “Jealous Of The Angels”

Dit is ‘n gepaste lied vir twee mense wat duidelik deur hulle gemeenskap geliefd was.

Hier is die lied.

Donna Taggart – Jealous Of The Angels