-

CityPressBethalBethal Kersliggie projek 2021

Bethal Kersliggie projek 2021
B

Die Bethal Kersliggie projek is weer hier!

Die derde Kersliggie Fees volg op 2 vorige suksesvolle feeste en is weereens dankbaar vir Midnight Engen Vulstasie in Bethal se betrokkenheid.

Die Fees vir Bethal se kinders word beplan vir die 11de Desember by Marietjie van Niekerk Laerskool se saal. Hierdie baie gewilde fees is oop vir alle kinders in die gemeenskap.

“Ons nooi graag alle kinders onder 13 jaar,” Het Michelle Rademeyer gesê, “Indien jy n kind het tussen 14 en 18 wat saamkom, laat weet asb vroegtydig.”

“Baie kinders het nog nooit n Kersboom in hul eie huise gehad nie,” het sy verder gesê, “Ons gaan weer n Kersvader en Elfies ook he, wat geskenke gaan uitdeel.”

kersliggie

Die Kersliggie Fees begin om 16:00 die middag en dit beloof om ‘n onvergeetlike dag te wees.

Daar sal ook n ete bedien word tydens die uitdeel van die geskenke.

“Alles is GRATIS,” het Micelle gesê, “Almal is welkom.”

Natuurlik is so ‘n fees nie moontlik sonder die hulp van die gemeenskap nie en hulp met die volgende word benodig:

  • Kersversierings/Liggies
  • Klein geskenkies vir seuns en dogters (Ter waarde van R50)
  • Geskenkpapier en kleefband sodat ek die persente kan toedraai.
  • Kos Gekookte Ete ( Hoender Porsies , Rys, Speserye, Aartappels, Wortels, Suiker, Cocktail Buns, Fomo borde en plastiek messe en vurke.)
  • Koeldrank
  • Lekkergoed pakkies
  • Vriendelike gesigte

“Ons vra dan dat die wat kan help ons kontak,” sê Michelle, “so ook die wat hul kinders gaan bring en bywoon. Ons sal graag wil beplan en moet weet hoeveel mense en hulle kinders daar gaan wees.”  

Also read: ANIMALS 101 – THE RABBIT AND THE TORTOISE

Michelle kan by 0604917038 gekontak word of Hennie kan by 0765313587 geskakel word.

“Dis gratis vir Bethal, deur Bethal,” het Hennie Rademeyer aan die Bulletin gesê, “Dan het ons ook  gaskuntenaars wat gaan optree en gaan sorg vir lekker vermaak dus het ons borge nodig om die optree kostes asook verblyf in gastehuis vir die Kunstenaar te betaal.”

kersliggie
Hoof borg van die Kersliggiefees

Hierdie jaar se gaskunstenaar is die allom bekende Manie Jackson

Finansiele bydraes kan direk inbetaal word by”

Kersliggie Projek

Capitec Bank

Spaar rekening

Rekening nr: 1672179333

Takkode: 470010

Vir alle navrae en bydraes kontak Michelle Rademeyer by 0604917038 of Hennie Rademeyer 0765313587

Kom maak ‘n verskil vir die kinders van Bethal.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here

Bethal Kersliggie projek 2021

- Advertisement -

Latest news

Hawks catch suspect red-handed

SUSPECT DUE TO APPEAR IN COURT FOR DEALING IN DRUGS AND CORRUPTION - Hawks MPUMALANGA - Secunda: On Thursday 13...

Hawks arrested suspected drug dealer in Leandra

SUSPECT DUE TO APPEAR IN COURT FOR DEALING IN DRUGS MPUMALANGA - Leandra: The Hawks Serious Organised Crime Investigation based...

Kruik se Oggenddiens 16 Januarie 2022

Welkom by Kruik se oggenddiens van 9 January 2022 Vanoggend se tema "Voornemens" https://youtu.be/DRRWQGyUxCo Hoe lyk jou voornemens...

Three armed robbers killed in shootout with police

THREE ARMED ROBBERS GUNNED DOWN DURING SHOOTOUT WITH POLICE Nelspruit: The Provincial Commissioner of Mpumalanga, Lieutenant General Semakaleng Manamela has...

You might also likeRELATED
Recommended to you