fbpx

Donate and HELP us spread the News

We need your HELP!, Donate R50 to assist The Bulletin in reporting on your Community News. Click on the donate button on the right. →

Sunday, September 27, 2020
Pay
16.1 C
Secunda
More

    Laerskool Secunda hoof vier haar 64ste verjaarsdag in grendeltyd

    Om in die grendeltyd te verjaar is nie baie lekker nie, maar toe Laerskool Secunda se hoof, Marietha Cole, onlangs verjaar het, het die personeel steeds seker gemaak dat dit vir haar ‘n spesiale dag is.

    KYK HIER: Juf Marietha se Driveby Verjaarsdag 2020

    Laerskool Secunda hoof vier haar 64ste verjaarsdag in grendeltyd
    Laerskool Secunda se hoof, Marietha Cole

    Sowat dertig personeel het op Dinsdag, 4 Augustus, by haar huis opgedaag om haar te verras met ‘n verbyry-verjaarsdagpartytjie.

    Almal het in ‘n konvooi by haar huis verby gery om geskenkies, blomme en ballonne af te gee, vir haar ‘n elmboogdruk gegee en haar geseën vir haar 64ste verjaarsdag.

    LEES OOK: Foto besorg Talitha plek onder top 5

    Sy het selfs ‘n spesiale masker ontvang met haar verjaarsdagdatum op wat sy in haar boks vol herinneringe kan bêre.

    LEAVE A REPLY

    Please enter your comment!
    Please enter your name here

    Laerskool Secunda hoof vier haar 64ste verjaarsdag in grendeltyd