fbpx

Donate and HELP us spread the News

We need your HELP!, Donate R50 to assist The Bulletin in reporting on your Community News. Click on the donate button on the right. →

Wednesday, September 23, 2020
Pay
16.1 C
Secunda
More

    Superhero Marnu oorwin Akute Limfoblastiese Leukemie

    Marnu het gesê hy was eers bang vir die dokters maar later het hy tuis begin voel en hy het baie maatjies gemaak. "Nou dat ek weet ek is gesond," sê hy, "voel ek beter, soos Batman en Superman!"

    Marnu (Superhero) Janse van Rensburg was 3 jaar en 3 maande oud toe hy gediagnoseer was met Akute Limfoblastiese Leukemie.

    Marnu oorwin Akute Limfoblastiese Leukemie

    Akute Limfoblastiese Leukemie is ‘n kanker van die limfoïede lyn van die bloedselle. Dié kanker word gekategoriseer deur die oormatige teenwoordigheid van onvolwasse limfosiete.

    Akute Limfoblastiese Leukemie (ALL) is die algemeenste vorm van leukemie by kinders. Ongeveer 80 persent van alle kinders met leukemie het ALL.

    Spruite van minder as vyf jaar word die meeste aangetas. By volwassenes is Akute Limfoblastiese Leukemie redelik skaars. Die siekte kom meer gereeld voor by mense ouer as 80 jaar.

    LEES OOK: TOP 5 KINDERKANKERS EN SIMPTOME

    Marnu het onlangs die geveg teen die siekte oorkom en is nou gesond om sy lewe voluit te leef as ‘n “Superhero”!

    Marnu was vol bloukolle op sy bene. Sy ma, Annezell Janse van Rensburg het dit gesien en gedink hy lei aan bloedarmoede.

    By die dokter is Marnu getoets, maar ‘n ander verassing het vir hulle gewag.

    Marnu se bloedplaatjie telling was 2 en dit moes tussen 300 en 400 wees.

    Sy hemoglobien telling was 7 en moes tussen 12 en 13 wees.

    Sy ouers het hom na ‘n spesialis in Pretoria geneem waar nog toetse gedoen was.

    Deur die beenmurg toets wat hulle gedoen het was die diagnose van Akute Limfoblastiese Leukemie bevestig.

    LEES OOK: Awe-inspiring food for the soul to flabbergast your 100 000 000 taste buds

    Die nuus dat hulle ‘n baba sussie vir Marnu verwag was oorskadu deur die nuus dat Marnu kanker het. Dieselfde dag wat Marnu se ma en pa uitgevind het hulle verwag ‘n baba sussie vir Marnu, was dieselfde dag wat hulle uitgevind het Marnu het kanker.

    Marnu het twee dae later begin met chemoterapie. Dit was in 2017 en op 14 Julie 2020 het hy sy laaste chemoterapie ontvang.

    As familie het hulle baie nader aan mekaar beweeg.

    “Ons het ook baie nader aan God beweeg. As dit nie vir Hom was nie weet ek nie wat nie,” sê Annezell.

    Hulle het ook ‘n organisasie begin om geld in te samel.

    Marnu se ma het op Facebook geskryf dat sy graag ‘n “drive-thru” wil hou vir hom.

    Superhero Marnu wen Akute Limfoblastiese Leukemie
    Superhero Marnu met sy ondersteuningsnetwerk

    Die “drive-thru” was as gevolg van COVID-19 wat hand-in-hand gepaard gaan met handhaaf van sosiale afstand.

    Die gemeenskap het ingespring en die geleentheid met albei hande gegryp; Langamed, GTR, JTR, Jelani Sekuriteit en die polisie, net om ‘n paar te noem, het verby gery met sirenes aan die loei om die dag spesiaal te maak vir Marnu.

    Superhero Marnu wen Akute Limfoblastiese Leukemie

    Marnu het gesê hy was eers bang vir die dokters maar later het hy tuis begin voel en hy het baie maatjies gemaak. “Nou dat ek weet ek is gesond,” sê hy, “voel ek beter, soos Batman en Superman!”

    LEAVE A REPLY

    Please enter your comment!
    Please enter your name here

    Superhero Marnu oorwin Akute Limfoblastiese Leukemie