fbpx

Donate and HELP us spread the News

We need your HELP!, Donate R50 to assist The Bulletin in reporting on your Community News. Click on the donate button on the right. →

Monday, September 21, 2020
Pay
16.1 C
Secunda
More

    Laerskool Goedehoop leerders behaal welslae tydens Radikale Redenaars

    Leerlinge van Laerskool Goedehoop het aan Radikale Redenaars deelgeneem.

    Die volgende redenaars het aan Radikale Redenaars tydens die inperking deelgeneem en dring deur na die Radikale Redenaars Nasionale Finaal.

    Laerskool Goedehoop leerders behaal welslae tydens Radikale Redenaars
    Suzaan Thomas – Graad 5 Afrikaans Moedertaal
    Zené van Heerden – Graad 6 Lees: Prosa
    Caylay Rossouw – Graad 7 Afrikaans Moedertaal Lees: Prosa Reading: Prose.

    LEES OOK: Laerskool Goedehoop, Wat maak ons anders?

    LEES OOK: Laerskool Goedehoop studente skitter in atletiek en dans

    Die Radikale Redenaar is die breinbaba van Chantelle de Wet, ’n gepubliseerde skrywer en ’n bekende naam in die kring van redenaars. As onderwyseres het sy al hoe meer die nood gesien vir die ontwikkeling van sprekersvaardighede onder leerders en alhoewel daar reeds redenaarskompetisies was, het slegs enkele kinders die geleentheid gekry om hierby betrokke te raak. Aangesien Chantelle geweet het hoeveel tyd en moeite in ’n toespraak ingaan, het sy besluit om ’n redenaarsfees op die been te bring, al was dit slegs om leerders die geleentheid te gee om te kan praat.

    Besoek die Radikale Redenaars se webblad hier

    Die Radikale Redenaarsfees (RRF) is vir die eerste keer in 2007 aangebied in Pretoria. In 2008 het die RRF uitgebrei na 4 provinsies en in 2009 is dit vir die eerste keer op Nasionale vlak aangebied. Tans is daar deelname in al 9 provinsies. Nuwe kategorieë het ontstaan op aanvraag en die Radikale Leesfees het ook bygedra tot meer leerderdeelname. In 2016 het Chantelle die leisels oorgegee aan Linda Henning en so groei die RRF van krag tot krag

    LEAVE A REPLY

    Please enter your comment!
    Please enter your name here

    Laerskool Goedehoop leerders behaal welslae tydens Radikale Redenaars