fbpx

Donate and HELP us spread the News

We need your HELP!, Donate R50 to assist The Bulletin in reporting on your Community News. Click on the donate button on the right. →

Saturday, September 26, 2020
Pay
16.1 C
Secunda
More

    Impak – Kruik se Aanddiens 12 Julie 2020

    Welkom by Impak – Kruik se Aanddiens 12 Julie 2020

    Ons lewe draai om boodskappe wat ons ontvang en boodskappe wat ons stuur. Die vraag is: Wil God graag ‘n boodskap aan jou oordra? Reis saam met ons oor boodskappe van God wat jy moontlik in die Bybel kan ontdek.

    Impak – Kruik se Aanddiens 12 Julie 2020

    Preeknotas + besprekingsvrae: http://bible.com/events/24103330

    Maak ‘n finansiële bydrae op 2 maniere: 1.Gee Aanlyn (Kruik Gemeente, ABSA, Tjek, Rek nr:1510140016) 2.Gee deur Zapper – vind ons QR code in die diens aankondigings.

    Kontak ons gerus op Kruik Gemeente se Facebook Messenger en Whatsapp lyn (072 133 6130) of besoek ons webtuiste by: https://www.kruik.co.za/

    Geniet Impak saam ons!

    LEES OOK: Impak – Kruik se Aanddiens 5 Julie 2020

    Kruik CCLI lisensie nr: #573361 “My Testimony” / B.Lake, C.Brown, S.Furtick & T.Hammer / © Maverick City Publishing “Build My Life” / B.Younker, K.Martin, K.Kable, M.Redman & P.Barret / © Said And Done Music

    PREEK NOTAS:

    LOSMAKERVRAAG: Wat is jou gunsteling genre of tipe rolprent?

    Party mense hou van komedies of romanse, drama of selfs rillers, maar daar’s een eienskap wat alle rolprente het… en dis nl. ‘n onderliggende tema of boodskap. ‘n Bekende voorbeeld kan gebruik is dit die Fast & Furious movie reeks. In Fast & Furious is daar altyd ‘n vreeslike klomp aksie en uitspattige kartoertjies betrokke, maar die onderliggende tema is die van ‘n groep vriende, wat soos familie bymekaar staan en mekaar help deur die groot uitdagings vd lewe wat saam beleef.

    Hierdie verskynsel van ‘n tema of onderliggende boodskap in ‘n movie, kan jou en my dalk ook help om boodskappe van God in die Bybel beter te verstaan. Het jy geweet dat elke Bybelboek het ook ‘n sekere temas wat die skrywer probeer oordra het? Deur om die tema van ‘n Bybelboek te ontdek, kan ons beter verstaan die hart en motief van wat daar geskryf staan en hoe dit op jou en my lewe van toepassing is.

    Vandag gaan ons kyk na die volgende 2 hoofstukke van 1 Johannes nl. hoofstuk 3 + 4. Voor ons daar gaan lees, wil ek weer 3 vrae by jou los wat ons dalk kan help om die tema van hierdie gedeelte beter te verstaan:

    1. Watter woorde of stellings word gereeld herhaal?In die meeste gevalle, wanneer ‘n skrywer sekere woorde of stellings gereeld herhaal sê dit die skrywer wil iets kom beklemtoon wat vir hom/haar belangrik is.

    2. Wat is die konklusie waarnatoe die skrywer beweeg?‘n Skrywer probeer gewoonlik ‘n klomp goed skryf om na ‘n sekere slotsom of konklusie toe te kan beweeg met ‘n sterk boodskap.

    3. Wat is relevant daarvan vir my lewe vandag?M.a.w. wat van die tema of hoofboodskap van hierdie boek of brief kan ek toepas en deel maak van my alledaagse lewe?

    So, met hierdie vrae in gedagte kom ons gaan lees nou ‘n gedeelte in 1 Joh.4:16; 18-21.

    1 JOHANNES 4:16-21 NLV

    16 Ons leef uit die wete en is absoluut oortuig daarvan dat God ons liefhet. God is die liefde self en almal wat uit dié liefde leef, leef in ’n hegte verhouding met God en God met hulle.

    17 Hiertoe is God se liefde ten volle in ons verwesenlik, dat ons vrymoedigheid kan hê op die oordeelsdag. Ons leef immers op dieselfde wyse as Christus in hierdie wêreld – sonder vrees.

    18 Volmaakte liefde het nie plek vir vrees nie; volmaakte liefde dryf die vrees uit omdat vrees nog met straf behep is, en wie aanhou vrees, het nog nie dié volmaakte liefde bemeester nie.

    19 Laat ons mekaar liefhê omdat Hy ons eerste liefgehad het.

    20 As enigeen beweer: “Ek het God lief,” maar ’n broer of suster haat, is só ’n persoon ’n leuenaar, want as ons ’n broer of suster wat ons elke dag sien, nie liefhet nie, kan ons mos nie vir God liefhê wat ons nie kan sien nie.

    21 Hierdie opdrag het ons van Hom ontvang: As ons God liefhet, moet ons ook ons broer en suster liefhê.

    1. Watter woorde of stellings word gereeld herhaal?Ongetwyfeld is die woord LIEFDE nogals belangrik vir die Skrywer gewees. Mens kan dit verder vat en sê meer spesifiek LIEFDE vir GOD en MENSE is ‘n tema hier.

    2. Wat is die konklusie waarnatoe die skrywer beweeg?Johannes se laaste sin in hierdie hoofstuk kom som dit op wanneer hy sê: “As God ons liefhet, moet ons ook ons broer of suster liefhê.” Hy het vroeer in sy brief eers melding gemaak van God wat ons liefhet en selfs liefde is, dan beweeg hy verder na ‘n konklusie toe dat hierdie liefde van God vir jou nie veronderstel is om slegs binne jou te bly nie, maar moet vloei na die mense om jou toe ook, want dis ‘n bewys dat jy werklik God liefhet.

    3. Wat is relevant daarvan vir my lewe vandag?In elkeen van ons se lewe kom ons in kontak met ander mense. En elke keer wanneer ons wel in kontak kom met ander mense, het ons eintlik die geleentheid om in die manier hoe ons hierdie mense hanteer te bewys hoe lief ons terug vir God het. Natuurlik, is God die Bron van liefde en gaan dit onmoontlik wees om Hom of ander mense lief te hê as jy nie eers Sy liefde vir jou verstaan het en jou eie gemaak het nie.

    Johannes se onderliggende boodskap was duidelik vandag: Liefde begin by God, maar is veronderstel om te beweeg van jou & my af na ander mense toe en so beweeg dit terug na God toe. Hierdie liefde moet nie net iets in ons gedagtes bly nie, maar iets wees wat ons prakties kan uitleef.

    So, goeie vraag wat ek by jou wil los, wat jy hierdie week saam met jou kan vat is: WAT VERWAG LIEFDE VAN MY?M.a.w. Op watter praktiese maniere vandag kan ek wys ek is lief vir God en mense?

    Miskien sê jy vandag jy het nog nooit werklik God se liefde beleef nie, dan wil ek jou uitdaag om God te vra dat Hy meer van Sy liefde vir jou sal bekendmaak. Sy liefde vir jou verander nie en het nog nooit verander nie, maar miskien moet jy jou hart oopmaak van jou kant vir Hom. Moenie hierdie boodskap van God uit 1 Johannes vir jou mis nie: LIEFDE maak saak!

    BESPREKINGSVRAE:1. Dink jy dis belangrik om die onderliggende tema en boodskap van ‘n Bybelboek te kan ontdek en verstaan? Hoekom sê jy so?

    2. Hoe belangrik is dit om ‘n hele gedeelte of Bybelboek deur te lees om die volle tema of boodskap te verstaan? Hoekom sê jy so?

    3. N.a.v. vandag se boodskap en notas, hoe sal jy jou manier van Bybel lees dalk anders benander in die toekoms?

    LEAVE A REPLY

    Please enter your comment!
    Please enter your name here

    Impak – Kruik se Aanddiens 12 Julie 2020