fbpx

Donate and HELP us spread the News

We need your HELP!, Donate R50 to assist The Bulletin in reporting on your Community News. Click on the donate button on the right. →

Wednesday, May 27, 2020
Pay
16.1 C
Secunda
More

    Mev Cole opgewonde vir die nuwe jaar.

    Wat ‘n voorreg is dit nie om weereens aan die vooraand te staan van nog ‘n opwindende akademiese skooljaar wat voorlê nie. Laerskool Secunda het 2019 afgesluit met baie seëninge en voorspoed vanaf ons Hemelse Vader. In 2020 sal die skool voortbou op die voordelige en positiewe verhoudings wat gevestig is en daarop fokus om nuwe verhoudings die lig te laat sien.
    Die skool, wat uit sy nate bars as gevolg van groeiende getalle, sien uit daarna om in 2020 voort te bou op die wenkultuur wat stadig, maar seker gekweek is deur passievolle personeel, ongelooflike talentvolle klein wenners en ‘n ondersteunende ouerkorps.
    Namens die hoof, Mev Marietha Cole, alle personeel asook die beheerliggaam verwelkom ons graag al die wenners terug na n luilekker lang vakansie. ‘n Spesiale woord van welkom gaan aan al die nuwe Gr RRR, Gr 1 wenners en hul ouers. Wees verseker dat Laerskool Secunda die regte keuse was! Laerskool Secunda wens ook alle lede van die Secunda-gemeenskap ‘n baie voorspoedige nuwe jaar toe.
    Hou Laerskool Secunda se wenfabriek dop. Hierdie jaar gaan n grote wees! Volg ons gerus op Facebook (Laerskool Secunda) vir positiewe nuus asook bemarking van opwindende geleenthede wat hierdie jaar deur die skool ge-organiseer word.
    Elke kind is n wenner. #wenner

    LEAVE A REPLY

    Please enter your comment!
    Please enter your name here

    Mev Cole opgewonde vir die nuwe jaar.