Saturday, April 20, 2024

Tannie Poppie se Kanselkook Skons

Bookmark
Bookmarked

Voorbereidings en Bestanddele:

  1. Stel oond op 190 °C
  2. 500g Bruismeel
  3. 350ml vars room
  4. 1 x blikkie Sprite
  5. Knippie sout
  • Voeg Kaas of biltong by (125g) na keuse

Metode:
a. Meng alle bestanddele goed saam
b. Spuit kolwyntjie pannetjies goed (gebruik diep kolwyntjie panne, nie gewone ‘vlakker’ ‘muffin’ panne nie.)
c. Skep in diep kolwyntie panne
d. Skakel oond na 180 °C
e. Bak 12-15 minute tot mooi bruin

Beste om te geniet saam met lekker vars botter; tuisgemaakte konfyt, vars room & gerasperde kaas