fbpx

Donate and HELP us spread the News

We need your HELP!, Donate R50 to assist The Bulletin in reporting on your Community News. Click on the donate button on the right. →

Monday, September 21, 2020
Pay
16.1 C
Secunda
More

    Tannie Poppie se lamskenkel met kwepers

    Sondag-lamskenkel met kwepers op twee maniere In hierdie gereg word kwepers behoorlik gevier. Nie net word kwepers saam met die skenkels tot murgsag geprut nie; daar word ook botter-gesoteerde kweperskywe saam met dit bedien. Ek het ook patats in die oond gesit, maar dis heeltemal jou keuse. 4 – 6 ruim porsies

    Vir kweper-skenkels
    • 30 ml olyfolie (ek gebruik hiervoor Olive Pride se gemengde olyf- en saadolie)
    • 2 groot uie, in agstes gesny
    • 3 groot kwepers, geskil en in kwarte of agstes gesny
    • 4 knoffelhuisies, fyngekap of gemaal
    • 3 lourierblare
    • 250 ml lam, groente of hoenderaftreksel
    • 30 ml fyn appelkooskonfyt
    • 10-15 ml paprika (gebruik 15 ml as jy baie goeie paprika het, anders minder)
    • 15 ml rooiwynasyn
    • 15 ml fyn koljander
    • 15 ml fyn komyn
    • Sout en peper

    Kwepers word halfpad deur die gaarmaak by die skenkels gesit.

    Metode:
    • Verhit oond na 150C.
    • Geur die skenkels met sout en peper. Verhit die olie in ‘n oondvaste dikboomkasserol-bak (bak met ‘n deksel) en verbruin die skenkels aan alle kante. Werk in twee sarsies om te verseker dat dit mooi verbruin en nie begin stoom nie. (Pak dit in twee lae opmekaar indien nodig).
    • Meng die volgende saam in ‘n bakkie: aftreksel, asyn, konfyt, paprika, koljander, komyn en knoffel; giet dit oor die skenkels. Pak die uie en lourierblare om die skenkels, sit die deksel op en bak in die oond vir 90 minute. Pak nou die kweperskywe rondom die skenkels, bedek weer en bak ‘n verdere 90 minute.

    LEAVE A REPLY

    Please enter your comment!
    Please enter your name here

    Tannie Poppie se lamskenkel met kwepers