fbpx

Donate and HELP us spread the News

We need your HELP!, Donate R50 to assist The Bulletin in reporting on your Community News. Click on the donate button on the right. →

Thursday, September 24, 2020
Pay
16.1 C
Secunda
More

    Tannie Poppie se Dadelballetjies

    Maak sowat 50 balletjies

    230 g (230 ml) botter of margarien
    200 g (250 ml) suiker
    500 g dadels, fyngesny
    2 x 200 g – pakkies Marie-beskuitjies, fyngemaak
    10 ml vanieljegeursel
    Sowat 100 g fyn klapper

    Plaas botter en suiker in ‘n kastrol. Smelt oor lae hitte tot suiker opgelos is.
    Voeg dadels by en kook oor lae hitte tot dadels gesmelt is.
    Roer elke nou en dan.
    Voeg fyngemaakte beskuitjies en vanieljegeursel by.
    Roer goed.
    Gebruik ‘ n 15 ml-maatlepel en skep die vulsel in jou hand.
    Rol in balletjie en rol onmiddelik in klapper.
    Herhaal tot dadelmengsel op is.
    Bêre balletjies in lugdigte houers.

    LEAVE A REPLY

    Please enter your comment!
    Please enter your name here

    Tannie Poppie se Dadelballetjies