fbpx

Donate and HELP us spread the News

We need your HELP!, Donate R50 to assist The Bulletin in reporting on your Community News. Click on the donate button on the right. →

Friday, September 18, 2020
Pay
16.1 C
Secunda
More

    Tannie Poppie se: Vinnige paptert

    1 liter water
    500 ml mieliemeel
    5 ml bakpoeier
    5 ml sout
    45 ml botter of margarien
    2 jumbo-eiers, geklits
    500 ml gerasperde cheddarkaas
    gekapte kruie na smaak
    5 ml paprika
    250 ml heelpit-mielies, gedreineer
    1 blik (410 g) tamatiesmoor

    1. Voorverhit die oond tot 180°C (350°F).
    2. Verhit die water tot kookpunt. Voeg die mieliemeel, bakpoeier en sout by. Roer tot dit begin verdik.
    3. Bedek die kastrol en laat die pap 10 minute lank prut.
    4. Haal van die hitte af en laat afkoel.
    5. Voeg die botter of margarien, eiers en kaas by. Meng goed.
    6. Voeg die kruie, paprika, mielies en tamatiesmoor by,. Meng goed deur.
    7. Skep die holtes van gesmeerde muffinpanne vol (want die beslag rys nie).
    8. Bak 20 minute lank.

    Tannie Poppie se: Vinnige paptert