fbpx

Donate and HELP us spread the News

We need your HELP!, Donate R50 to assist The Bulletin in reporting on your Community News. Click on the donate button on the right. →

Saturday, September 26, 2020
Pay
16.1 C
Secunda
More

    Nederlandse TV Span Besoek Janelle Huis

    Die televisie span het dan ook van die geleentheid gebruik gemaak om Ops.

    ’n Span van die Nederlandse TV program “Omroep Max”, dié omroep vir 50-plussers het Woensdag een van Secunda se inwoners besoek vir deelname aan die vervaardig van die program “Vaarwel Nederland” waarin immigrante wat in jare 1950 – 1954 na Unie van Suid Afrika ge-imigreer het, hulle wedervaringe kan vertel.
    Die televisie span het dan ook van die geleentheid gebruik gemaak om Ops. Blue Crane van die SAWV, se plaaslike tak, van nader te leer ken.
    Een van die projekte van SAWV se Sektor 1 Kosmos, is die Janelle Huis in Evander, waar daar dan ook deur die veterane ondersteuning in vele vorme gegee woord. Die TV span het dan ook die geleentheid met beide hande aangegryp om ook die kinders te kon ontmoet, met hulle kennis te maak, met hulle te gesels en net daar te wees vir die kinders.
    Die SAWV het dan ook van die geleentheid gebruik gemaak om hulle te trakteer met baie “doughnuts”.
    Die klewerige geleentheid is dan ook van uit alle hoeke “geskiet” deur die TV span vir gebruik in die program wat later vanjaar sal gebeeldsaai word.
    Carmen Fernald verbonde aan die redaksie van “Omroep Max” het gesê dat die besoek seker een van hulle grootste herinneringe aan die RSA is en sal bly. – Aart Reedijk

    Nederlandse TV Span Besoek Janelle Huis