fbpx

Donate and HELP us spread the News

We need your HELP!, Donate R50 to assist The Bulletin in reporting on your Community News. Click on the donate button on the right. →

Thursday, September 24, 2020
Pay
16.1 C
Secunda
More

    Gereformeerde Dames Aksie Damesoggend

    Teen 10 uur was die afwagting vir die aanvang van die program, in die saal met ongeveer 140 dames, spreekwoordelik tasbaar.

    Die Gereformeerde Dames Aksie het Saterdag, 31 Augustus, ’n spesiale oggend vir die dames gereël met Elsabe Aldrich as die gasspreker.
    Die GDA het al vroeg in 2019 begin met die beplanning van ’n verskeidenheid van aksies, sommige nie alleen gerig op die dames nie, maar ook op die eggenote.
    Dié oggend is seker één van die hoogtepunte van die jaar en sal moeilik oortref word.
    Die gaste is begroet met pragtige gedekte tafels met versiersels, lekkernye en ’n koue lafenis.
    Die tafelplan het dan ook daarvoor gesorg dat elkeen dadelik op haar gemak en tuis gevoel het. Vinnig is nuwe vriendinne gemaak, wat jou laat dink het oor die woorde van die liedjie “A Stanger is just a friend you do not Know” van Jim Reeves.
    Teen 10 uur was die afwagting vir die aanvang van die program, in die saal met ongeveer 140 dames, spreekwoordelik tasbaar.
    Mev. Philia Jansen het al die dames welkom geheet, waarna Cora van Rensen die oggend met toepaslike Skriflesing uit Prediker 11:1-8 en gebed die verrigtinge geopen het.
    Eerste op die program was die musiekitems deur Isabella Retief en haar dogter Christina, wat met twee baie bekende liedjies die dames in vervoering gehad het met “Ek het ’n boer sien dans” van Lize Beekman en “Have it all” van Jason Mraz.
    Daarna die oomblik waarop almal met verwagting uit gesien het – die optrede van Elsabe Aldrich, ’n motiveringspreker wat die term pretprater verkies.
    Al vir meer as twee dekades landswyd bekend as pretprater, want sy glo aan die genesende krag van lag.
    Sy is seer seker bekend vir haar dramatiese uitrustings en het die keer ook nie die gehoor teleurgestel nie. Haar bydra tot die groot sukses van die oggend, getitel “Die Geheim van Vrouesappigheid: hoe behou ons woema?”
    Sy het die geestelike waardes van die vrou vergelyk met ’n boom se wortels, sommiges diep geankerde wortels, ander, ook diep gelowiges met ’n ander wortelstelsels. Altyd getoets aan die verslegtende wêreld waardes, die geestelike waardes van goeie wortelstelsels daarenteen is baie anders. Met baie humor is die dames moed ingepraat – ons waarde word nie gemeet aan waar ons bly, wat ons ry en wat ons pay nie!
    Gemeet aan die gelag van die entoesiastiese dames en die dawerende applous wat haar optrede gevolg het, was die oggend ‘n groot sukses.
    Die oggend is afgesluit met ‘n voordrag deur Juandri Fourie en pragtige sang deur Rhona van der Merwe.
    – Aart Reedijk

    Gereformeerde Dames Aksie Damesoggend