fbpx

Donate and HELP us spread the News

We need your HELP!, Donate R50 to assist The Bulletin in reporting on your Community News. Click on the donate button on the right. →

Monday, September 21, 2020
Pay
16.1 C
Secunda
More

    Tannie Poppie se: Moussaka

    3 groot eiervrugte
    growwe sout
    2 uie, fyngekap
    knoffelolie of sonneblomolie vir braai
    2 kg tamaties, fyngekap
    suiker na smaak
    Aromat na smaak
    sout en peper na smaak
    soet sjerrie na smaak
    6 aartappels, in dun skyfies gesny
    4 groen soetrissies, ontpit en fyngekap
    1 kg maalvleis
    Kaassous
    25 ml botter of margarien
    25 ml koekmeelblom
    1 liter melk
    sout en peper na smaak
    250 ml gerasperde cheddarkaas
    3 eiers, geklits

    Berei die moussaka:

    1. Sny die eiervrugte in skywe. Strooi growwe sout oor albei kante en pak op ‘n draadrak. Laat 1 uur lank staan om te dreineer.
    2. Braai intussen die uie in die olie tot mooi bruin (wees versigtig dat dit nie aanbrand nie)
    3. Voeg die tamaties en suiker by en kook tot die tamatiesous met die helfte verminder het en lekker dik is
    4. Geur met die Aromat, sout en peper. Gooi die sjerrie by
    5. Braai die aartappels in ‘n pan tot goudbruin. Hou eenkant
    6. Braai die soetrissies tot gaar. Hou eenkant
    7. Spoel die eiervrugte af, druk droog en braai in olie tot gaar. Dreineer en geur met sout en peper
    8. Braai die maalvleis tot gaar en voeg by die tamatiesous
    9. Skep een-derde van die vleismengsel in ‘n groot, gesmeerde oondpan. Bedek met die aartappels
    10. Skep nog ‘n laag vleismengsel oor. Bedek met die eiervrug
    11. Skep die res van die vleismengsel oor. Bedek met die soetrisssies
    12. Bak 15 minute lank tot ligbruin en sit warm voor.

    Berei die kaassous:

    1. Voorverhit die oond tot 180°C (350°F)
    2. Smelt die botter of margarien in ‘n kastrol en roer die koekmeelblom bietjiesgewys by
    3. Voeg die melk, sout, peper en kaas by. Roer gereeld
    4. Kook tot dik en haal van die hitte af
    5. Gooi die witsous oor die moussaka
    6. Gooi die eiers oor en bak 30 – 40 minute lank

    Tannie Poppie se: Moussaka