fbpx

Donate and HELP us spread the News

We need your HELP!, Donate R50 to assist The Bulletin in reporting on your Community News. Click on the donate button on the right. →

Monday, September 28, 2020
Pay
16.1 C
Secunda
More

    Goedehoop se uitsonderlike prestasies

    Wernich Rossouw het gedurende die afgelope 3 naweke 3 agtereenvolgende Tennis Suid Afika (TSA) tennistoernooie gewen. Hy het die toernooie in Middelburg, Johannesburg en Nelspruit gebruik as voorbereiding vir sy toer na Amerika as lid van die Suid Afrikaanse Skolespan. Hy vertrek Saterdag, 17 Augustus en die span sal onder meer in Louisianna en New York speel en die Amerikaanse Ope tennistoernooi besoek.
    An-Eunè van Niekerk het die naweek van 1 – 4 Augustus aan Redenaars ATKV Nasionaal te Goudini deelgeneem. Sy behaal ‘n 9 de plek vir Graad 4 tot 5 – Afrikaans Huistaal.
    Regs: Die volgende seuns is gekies vir die Rugby 7’s O/13-Pumaspan. Voor: Stephan Bezuidenhout, Juliun Cosmo. Agter: Lee-Ryne Sinkfontein, Rickardt van Heerden

    Goedehoop se uitsonderlike prestasies