fbpx

Donate and HELP us spread the News

We need your HELP!, Donate R50 to assist The Bulletin in reporting on your Community News. Click on the donate button on the right. →

Monday, September 28, 2020
Pay
16.1 C
Secunda
More

    Tannie Poppie se: Jan se driehoek – yskastert

    250 g botter of margarien
    180 ml strooisuiker
    1 eier, geklits
    1 houer (250 g) gladde maaskaas
    5 ml vanieljegeursel
    2 pakke tennisbeskuitjies (200g elk)
    Kersies of Flake-sjokolade
    Ekstra sjokolade om mee te versier

    1. Room die botter of margarien en suiker saam
    2. Voeg die eier, maaskaas en vanieljegeursel by die suikermengsel
    3. As die mengsel baie dun is, plaas dit ‘n rukkie in die yskas tot dit bietjie stywer is
    4. Pak die beskuitjies in rye (3 in die breedte, 6 in die lengte) op ‘n groot stuk tinfoelie
    5. Skep helfte van die maaskaasvulsel oor
    6. Pak nog ‘n laag beskuitjies en skep die res van die vulsel oor
    7. Pak ‘n ry kersies of Flake in die middel en gebruik die tinfoelie om die beskuitjies versigtig in ‘n driehoek te vou
    8. Draai die tinfoelie stewig toe en plaas 2 dae lank in die vrieskas
    9. Voor gebruik: Smelt die sjokolade 1 minuut lank in die mikrogolf, roer en smelt nog 1 minuut lank
    10. Versier die tert daarmee en plaas 1 uur lank terug in die vrieskas
    11. Haal uit, sny skywe en eet dadelik

    Tannie Poppie se: Jan se driehoek – yskastert