fbpx

Donate and HELP us spread the News

We need your HELP!, Donate R50 to assist The Bulletin in reporting on your Community News. Click on the donate button on the right. →

Monday, September 21, 2020
Pay
16.1 C
Secunda
More

    Tannie Poppie se: Geroomde Sampioentert

    15 ml botter of margarien
    15 ml koekmeelblom
    250 ml warm melk
    2,5 ml sout
    2 eiers, geklits
    1 ui, gekap
    1 blik (405g) geroomde sampioene
    375 ml gerasperde cheddarkaas
    Peper na smaak
    1 gaar tertkors

    Voorbereiding:
    Voorverhit die oond tot 180 °C (350 °F)
    Smelt die botter of margarien en roer die koekmeelblom by. Roer tot glad.
    Roer die melk by en daarna die sout
    Kook tot die witsous begin verdik
    Voeg die eiers by die witsous
    Roer die ui, sampioene en kaas by en geur met peper. Meng goed
    Skep in die tertkors
    Bak 20-30 minute lank

    Tannie Poppie se: Geroomde Sampioentert