fbpx

Donate and HELP us spread the News

We need your HELP!, Donate R50 to assist The Bulletin in reporting on your Community News. Click on the donate button on the right. →

Tuesday, September 29, 2020
Pay
16.1 C
Secunda
More

    Stimulus Maksima by L/S Secunda

    Aletta Mans is aan die stuur van hierdie nuwe leessentrum en is opgelei om hierdie program ten volle te kan benut.

    Laerskool Secunda spog met ‘n splinternuwe leessentrum wat daagliks benut word deur graad 1 tot graad 6. Na die reuse sukses van hul beesloop fondsinsameling verlede jaar, kon hul die leessentrum toerus met 30 splinternuwe rekenaars sowel as ‘n uitstekende gerekenaardiseerde leesprogram.
    Stimulus Maksima is ʼn unieke leesprogram wat elke individu se leesvermoë toets en van daar af ontwikkel en bevorder.
    Aletta Mans is aan die stuur van hierdie nuwe leessentrum en is opgelei om hierdie program ten volle te kan benut. “Ons is bevoorreg om een van die beste leesprogramme in Suid Afrika te kan gebruik en ek is opgewonde om die leerlinge te help om hulle volle potensiaal te kan bereik,” het Aletta gesê.
    Lees is belangrik want dit bevorder ook taalvaardigheid, akademiese prestasie en beter begrip, spraak en die herkenning van klanke, beter kommunikasievaardighede, logiese denke, beter konsentrasie, dissipline en geheue, empatie sowel as respek.
    Aletta glo dat met hierdie wonderlike leesprogram wennerlesers by Laerskool Secunda gekweek kan word.

    Stimulus Maksima by L/S Secunda