fbpx

Donate and HELP us spread the News

We need your HELP!, Donate R50 to assist The Bulletin in reporting on your Community News. Click on the donate button on the right. →

Friday, September 25, 2020
Pay
16.1 C
Secunda
More
    Die volgende atlete het tydens die MUSSA Atletiek-byeenkoms wat plaasgeind het op 23 Februarie 2019 op Secunda stadion, deurgedring na die SA’s wat plaasvind op 15 & 16 Maart te Pretoria. Voor: Danankia Lesch, Luan Greyling, Minay Campher. Agter: Roxy-Lee Fick, Danika Burger, Elri Kruger


    Die eerste dansliga, met 116 van Goedehoop se dansers, het Saterdag, 23 Februarie 2019 by Laerskool Goedehoop plaasgevind.


    Die Graad 1 tot 3 maatjies het Vrydag, 22 Feb en Saterdag, 23 Feb hul netbal vaardighede opgeskerp. Martie Morey en haar span het die 68 dogtertjies onder andere touwys gemaak hoe om ‘n doel te gooi, hoe om te draai wanneer jy die bal het, te verdedig en hoe om die bal reg te vang. Martie Morey is ‘n oud-onderwyseres en bied al vir +- 25 jaar netbalafrigtingskursusse aan. Sy is ‘n NSA Vlak 2 afrigter en is al vir ‘n paar jaar betrokke by Hoër Meisieskool as afrigter. Aneret Bester was ‘n voormalige speler van die Protea Netbalspan.
    Lourens van Niekerk het Saterdag, 16 Februarie, aan die Mpumalanga Gholf Junior Ope deelgeneem te Walker Park. Hy is aangewys as die wenner vir die B-afdeling. Die junior afdeling is vanaf ouderdoms-groep 9 tot 12 jaar, seuns en dogters neem afsonderlik deel.