fbpx

Donate and HELP us spread the News

We need your HELP!, Donate R50 to assist The Bulletin in reporting on your Community News. Click on the donate button on the right. →

Friday, September 25, 2020
Pay
16.1 C
Secunda
More

    Laerskool Kruinpark spog graag met stoei en oud leerder

    Hierdie kinders beoefen stoei en verteenwoordig Kruinpark, alhoewel ons nie stoei aanbied nie. Saterdag, 16 Februarie, het die Oos-Gauteng Ope in Benoni plaasgevind. Ongeveer 500 stoeiers van klubs dwarsoor die land het mekaar die stryd aangesê in die 1ste Ope Kampioenskappe van die jaar. Die volgende Kruinparkers het deelgeneem en hul goed van hul taak gekwyt.
    LTPD: (ontvang deelname medaljes)
    Seuns O/7
    Du-Handre Putter (Afwesig)
    Kampioenskappe:
    Seuns O/9
    Christiaan Steyn – 7de
    Seuns O/11
    Tyrone Swanepoel – 4de
    Rick Robertson – 7de
    Seuns O/13
    Jordan Web – 3de – Brons medalje
    Hein Meyer – 7de
    Skole Presidente:
    Tyrone Swanepoel – 1ste – Goue medalje
    Jordan Webb – 2de – Silwer medalje
    Hein Meyer – 5de, Rick Robertson – 6de

    Laerskool Kruinpark het die week die voorreg gehad om Theo Vermaak by die skool terug te verwelkom. Theo was Laerskool Kruinpark se eerste Hoofseun en ook die 1ste rugbyspan se kaptein in 1989, die jaar waarin Laerskool Kruinpark geopen het. Hy het 18 Februarie, Kruinpark se 1ste rugbyspan se “Cap” tradisie kom bywoon en het aan die seuns hulle truie uitgedeel. 
    Bo van links na regs Tienie Olckers, Beheerliggaam: Sport, Danie Heese, Skoolhoof: Kruinpark, Theo Vermaak, 1ste Span Kaptein 1989, JC Oosthuisen, 1ste Span Kaptein 2019, Johan Naudé, 1ste Span Afrigter

    Laerskool Kruinpark spog graag met stoei en oud leerder