fbpx

Donate and HELP us spread the News

We need your HELP!, Donate R50 to assist The Bulletin in reporting on your Community News. Click on the donate button on the right. →

Friday, September 18, 2020
Pay
16.1 C
Secunda
More

    Laerskool Hoëveld hou Valentynsdag met ‘n “twist”

    Hoërskool Driehoek se tragedie het ons almal in die land geruk. Dit het ons laat besef dat ons almal verantwoordelik is vir ons land se kosbaarste besittings, ons kinders. Omgee strek baie verder as net die mense om jou. Ons skool het besluit om verder as ons hier en nou uit te reik.
    Ons Valentyndag se kleur is verander na die pers en geel van Hoërskool Driehoek. Die fondse word aan die leerders geskenk wat beseer is tydens die tragedie. Hierdeur leer ons ons leerders om vir mense om te gee en Jesus se liefde op ‘n tasbare wyse te toon. Leerders het geld gebring en ‘n muntlegging in die vorm van ‘n geel en pers driehoek, is gehou. Die mooi bedrag van R 5 272 is ingesamel. Mag hierdie gelde vir elke leerder van Driehoek baie liefde en seën bring.

    Laerskool Hoëveld hou Valentynsdag met ‘n “twist”