fbpx

Donate and HELP us spread the News

We need your HELP!, Donate R50 to assist The Bulletin in reporting on your Community News. Click on the donate button on the right. →

Friday, September 25, 2020
Pay
16.1 C
Secunda
More

    Laerskool Goedehoop se atlete het deelgeneem aan die Top 15 atletiekbyeenkoms

    Woensdag, 13 Februarie 2019 het Laerskool H.M. Swart die Top 15 Atletiekbyeenkoms te H/S Hoogenhout aangebied. Atlete moes meer as 800 ASA-punte behaal om te kon deelneem. Slegs 15 atlete per skool word gekies om aan ‘n totaal van 30 items deel te neem. Goedehoop behaal ‘n algehele 2de plek met skole wat deelgeneem het soos Curro Secunda, L/S C.R. Swart, L/S Delmas, L/S H.M. Swart, L/S JJ van der Merwe, L/S Klipfontein, L/S Krielpark, L/S Kruinpark, L/S Marietjie van Niekerk, L/S Middelburg, L/S Oranjegloed, L/S Pionier, L/S Standerton en L/S Goedehoop.

    Laerskool Goedehoop se rugby afrigters leer by die beste

    Die naweek van 11 tot 12 Januarie het 10 van Goedehoop se manspersoneel die Puma Rugby Indaba te Mbombela bygewoon. Die kursus word aangebied deur Rassie Erasmus, Matt Proudfoot, Stick, Carel du Plessis, Jimmy Stonehouse en MJ Menz en is daarop gemik om rugby-afrigters die opleiding te gee om hul spanne optimaal af te rig. Voor:  Steven Steyn, MJ Adendorff, Deon Pruis, Solly Jansen van Rensburg, Abrie van Zyl
    Agter:  Ruben Lello, Marnus Meiring, Gys van der Merwe, Danie Breed, Righ Potgieter

    Laerskool Goedehoop se atlete het deelgeneem aan die Top 15 atletiekbyeenkoms