fbpx

Donate and HELP us spread the News

We need your HELP!, Donate R50 to assist The Bulletin in reporting on your Community News. Click on the donate button on the right. →

Wednesday, September 23, 2020
Pay
16.1 C
Secunda
More

    Battle of the Giants-uithourit weer ‘n groot sukses

    Die gesondheid van die perde is van uiterste belang en daar was verskeie veeartse teenwoordig om na die perde om te sien indien dit sou nodig wees.

    Leandra-perdryklub het die afgelope naweek een van hulle gewilde uithouritte gehou. Dit is ook die enigste uithou rit wat gehou was sover die jaar, in die omgewing. Daar was ongeveer 80 ruiters met hulle perde wat ingeskryf het. Die afstande het gewissel van 120km, 80km en 40km. Die 120km-rit was opgebreek in ‘n paar bene, naamlik 40km, 40km, 30km en laastens 10,5km. Die 80km-uithourit was ook soortgelyk ingedeel. Sodra die perde en ruiters inkom het hulle 20 minute om by die veearts te kom. Hulle kan eers veearts toe gaan sodra die perd se hartklop onder 64 slae per minuut is. Ná die veeartse die perde ondersoek het, is daar ‘n verpligte rustyd van 40 minute. Eers ná hierdie rusperiode mag hulle op die volgende been vertrek. Na die laaste been het die ruiters 30 minute om by die veearts aan te meld. Die perd-ras wat meestal gebruik word vir uithouritte is die Arabier- perd of Arabier-kruising. Sommige ruiters gebruik ook Boerpede om mee te ry. Die gesondheid van die perde is van uiterste belang en daar was verskeie veeartse teenwoordig om na die perde om te sien indien dit sou nodig wees. Tussen die afstande doen die veeartse voledige ondersoeke op die perde. Hulle kyk ondermeer na die drafstap van die perd, met ander woorde is die perd dalk mank. Hulle kyk ook of die perd sere het, fiks is vir die rit ensovoorts. Die veearts dra die belang van die perd op die hart. Indien die perd nie kan voortgaan nie sal hy ‘n besluit neem. Leandra-klub bied 3 ritte ‘n jaar aan. Vanjaar se Battle of the Giants was deur Pieter Streicher gewen oor ‘n afstand van 80 km.

    Battle of the Giants-uithourit weer ‘n groot sukses