fbpx

Donate and HELP us spread the News

We need your HELP!, Donate R50 to assist The Bulletin in reporting on your Community News. Click on the donate button on the right. →

Thursday, September 24, 2020
Pay
16.1 C
Secunda
More

    Tannie Poppie se: Variasiekoekies (lewer 96 koekies)

    My ouma het graag hierdie koekies gebak. Jy kan die basiese koekieresep gebruik om vier verskillende soorte koekies te maak: kaneel, suurlemoen, klapper en amandelkoekies.
    Basiese koekies
    500 ml koekmeelblom
    2 ml sout
    125 g botter of margarien
    125 g strooisuiker
    5 ml vanieljegeursel
    3-4 eiers, liggies geklits
    Variasies
    10 ml kaneel
    10 ml suurlemoenskil
    125 ml klapper
    125 ml fyngemaalde amandels
    5 ml amandelgeursel
    Berei die basiese koekies
    1. Voorverhit die oond tot 180 oC (350 oF).
    2. Sif die koekmeelblom en sout saam.
    3. Vryf die botter of margarien met jou vingerpunte in tot dit soos broodkrummels lyk.
    4. Voeg die strooisuiker, vanieljegeursel en eiers by die meelmengsel.
    5. Meng met ʼn vurk om ʼn stywe deeg te vorm.
    6. Plaas die deeg op ʼn meelbestrooide werkoppervlakte en knie liggies tot goed gemeng.
    7. Draai die deeg in kleefplastiek toe. Plaas 30 minute lank in die yskas.
    8. Rol die deeg dun (3-5mm) uit, en sny vormpies uit. Plaas op gesmeerde bakplate.
    9. Bak 12-15 minute lank.
    10. Haal uit die oond en laat afkoel op ʼn draadrak.
    Berei kanneelkoekies:
    1. Sif die kaneel saam met die koekmeelblom en sout. Voeg die res van die resep soos beskryf.
    Berei die suurlemoenkoekies:
    1. Rasper die suurlemoen by die meelmengsel, voeg die strooisuiker by en volg die res van die resep.
    Berei die klapperkoekies:
    1. Voeg die klapper saam met die strooisuiker, vanieljegeursel en eiers by die meelmengsel. Volg die res van die resep soos beskryf.
    Berei amandelkoekies:
    1. Voeg die amandels saam met die strooisuiker en eiers by die meelmengsel.
    2. Vervang die vanieljegeursel met die amandelgeursel. Volg die res van die resep soos beskryf.

    Tannie Poppie se: Variasiekoekies (lewer 96 koekies)