fbpx

Donate and HELP us spread the News

We need your HELP!, Donate R50 to assist The Bulletin in reporting on your Community News. Click on the donate button on the right. →

Saturday, September 19, 2020
Pay
16.1 C
Secunda
More

    Tannie Poppie se: Sagopoeding

    Hierdie poeding is so lekker, dit kan in enige restaurant voorgesit word. Soos die gebakte poeding afkoel, sal dit stol.
    1 liter melk
    125 ml sago
    250 ml suiker
    15 ml botter of margarien
    2 ml sout
    5 ml vanieljegeursel
    4 eiers, geskei
    Appelkooskonfyt

    1. Voorverhit die oond tot 180 ºC (350 ºF)
    2. Verhit die melk, voeg die sago by en kook 10 minute lank. Roer gereeld (dit brand maklik aan).
    3. Haal van die hitte af. Voeg die suiker, botter of margarien, sout en vanieljegeursel by en meng goed.
    4. Klits die eiergele, voeg dit by die sagomengsel en meng goed.
    5. Klits die eierwitte tot styf en voeg by die sagomengsel in.
    6. Skep in ʼn gesmeerde oondbak en stip hier en daar met die konfyt.
    7. Bak 30 minute lank tot bruin.

    Tannie Poppie se: Sagopoeding