fbpx

Donate and HELP us spread the News

We need your HELP!, Donate R50 to assist The Bulletin in reporting on your Community News. Click on the donate button on the right. →

Saturday, September 19, 2020
Pay
16.1 C
Secunda
More

    Tannie Poppie se: Beesstert-in koffie

    Hierdie was pa Dolf se gunsteling dis by spesiale geleentheid. Vroeër jare was dit die armman se ete en vandag is dit rykmanskos. Die vleis moet só sag kook dat dit van die been afval.
    koekmeelblom
    2 kg beesstert
    50 g seldery, in skywe gesny
    30 ml olyfolie vir braai
    500 ml rooiwyn
    250ml soetwyn
    250ml sterk koffie
    6 x 250 ml (1.5 l ) beesvleisaftreksel
    Sout en peper na smaak
    3 lourierblare
    100 g wortels, in skywe gesny
    Fyngekapte pietersielie vir garnering

    1. Plaas die koekmeelblom in ʼn plastieksak en skud die vleis daarin tot bedek. Skud die oortollige meel af.
    2. Braai die vleis en seldery in die olie tot bruin.
    3. Voeg die wyn, koffie, aftreksel, sout, peper en lourierblare by.
    4. Kook sowat 3-4 uur lank tot sag (die vleis moet nog nie van die been afval nie).
    5. Voeg die wortels by en kook 30 minute lank tot sag.
    6. Garneer met pietersielie.

    Tannie Poppie se: Beesstert-in koffie