fbpx

Donate and HELP us spread the News

We need your HELP!, Donate R50 to assist The Bulletin in reporting on your Community News. Click on the donate button on the right. →

Thursday, September 24, 2020
Pay
16.1 C
Secunda
More

    Walker Park borgedag ‘n groot sukses

    Elke jaar word ‘n “Calcutta aand” gehou waar mense kan bie op spanne wat hulle dink gaan wen.

    Amper 20 jaar gelede het ‘n groep grondeienaars van Hoedspruit ‘n borgedag begin om geld in te samel deur ‘n gholf dag te reel. Hulle doel: Om ‘n natuurreservaat op hulle eiendom te vestig. In 1999 is die “Ndlovumzi Nature Reserve Golf Classic” gebore. Die doel van die gholfdag was en is steeds, om geld in te samel om die behoud en onderhoud van die reservaat te ondersteun. Ndlovu beteken olifant en Vumzi beteken rivier. Dit is die mees gepaste naam, omdat die natuur reservaat op die oewers van die Olifantsrivier naby Hoedspruit geleë is.
    Elke jaar word ‘n “Calcutta aand” gehou waar mense kan bie op spanne wat hulle dink gaan wen. Sommige spanne het soveel as R8 000 gekos! Die span wat wen en die koper wat die span gekoop het kry 60% van die wengeld, terwyl 40% aan die reservaat gaan. Hierdie jaar was ‘n jaar van eerstes vir die organiseerders: die eerste keer dat die gholfdag nie in Hoedspruit gehou is nie, maar nader aan almal asook die eertse keer dat vrouens kon deelneem.
    Walker Park Gholfklub het ingestem om te help en dié dag te ondersteun. Die formaat was ‘n ‘scramble drive four ball alliance’. Die Meerkatte was die enigste vierbal wat slegs uit vrouens bestaan het. Hulle het die algehele vyfde plek behaal met 102 punte met ‘n uit tel.
    Glad nie sleg nie as in ag geneem word dat sommige van die mans so ver slaan dat hulle met hulle bofhoue die setperk bereik! Dit was ‘n heerlike dag vir al die deelnemers en die weer het ook saamgespeel.
    Die aand is afgesluit met die opveil van groot jagpakkette en ‘n heerlike spitbraai waaraan almal heerlik kon smul. – Ané Prinsloo

    The Bulletin NewsThe Bulletin News

    Walker Park borgedag ‘n groot sukses