fbpx

Donate and HELP us spread the News

We need your HELP!, Donate R50 to assist The Bulletin in reporting on your Community News. Click on the donate button on the right. →

Thursday, September 24, 2020
Pay
16.1 C
Secunda
More

    Sasol Stoei blink uit

    Op Vrydag 5 Oktober 2018 en 6 Oktober 2018 het die Suid Afrikaanse Jeug Stoeikampioenskappe plaasgevind te Wynberg, Kaapstad.
    Lede van Sasol Stoeiklub, wat deel van die Mpumalanga Stoei Span, en wat aan die SA Jeug Stoeikampioenskappe deelgeneem het het baie goed presteer.
    Johan van den Berg – as Afrigter die twee dae, Elma Webb – Spanbestuurder die twee dae, Hennie Bezuidenhout – Skeidsregter die twee dae, Lollie van den Berg – Admin vir die twee dae, Manie van den Berg – In beheer van die SA Kampioenskappe die twee dae, Nico van den Berg – Skeidsregter vir die twee dae.
    Nico was dan ook aangewys as die beste Skeidsregter vir altwee dae tydens die SA Kampioenskappe.
    Op Vrydag het Jordan Webb Goud gewen – SA Kampioen in die 0/13 jaar Grieks-Romeins 38kg afdeling en Saterdag het hy Silwer gewen in die 0/13 jaar 38kg Vrystyl afdeling.
    Zara D’Abbadie – het Vrydag Goud gewen in Vroue Bo 15 Jaar afdeling.
    Zak Manaia het Vrydag in die 0/10 jaar Vrystyl gestoei en n Brons medalje verower.
    Reagen Meyer het Vrydag gestoei en het goed gestoei gedurende die dag en net uit die medaljes geeindig.
    Op Saterdag het Tiaan Carelse in die Vrystyl 0/11 afdeling gestoei en n brons medalje verower.
    Sasol Stoeiklub se 5 stoeiers het 5 Medaljes gewen:
    2 Goud,
    1 Silwer en
    2 Brons medaljes.

    Sasol Stoei blink uit