fbpx

Donate and HELP us spread the News

We need your HELP!, Donate R50 to assist The Bulletin in reporting on your Community News. Click on the donate button on the right. →

Monday, September 28, 2020
Pay
16.1 C
Secunda
More

    Drie dae Wyn-Makietie

    Om fees te vier is in almal se bloed en na ‘n dag of tien se ontspan sien ieder en elk weer kans om die realiteite vierkantig in die oë te staar.

    Wyn-Inni-Tyn is ‘n jaarlikse instelling tydens die Umuzi Week of Festivals en hierdie jaar is geen uitsondering nie. Vanaf 4 tot 6 Oktober vind die vierde Wyn-Inni-Tyn plaas by Boesies, die pragtige venue van Lake Umuzi. Hierdie jaar is dit drie dae wyn-makietie. Getrou aan die standaard is van die beste Afrikaanse kunstenaars hier te sien. Donderdag, 4 Oktober, gaan Radio Kalahari Orkes en vriende jou litte laat skud. Vrydag, 5 Oktober, maak Adam Tas die “Afrikagronde” druis op die maat van Robertson, John B, Doornkraal en vele meer. Saterdag, 6 Oktober, herinner Jannie Moolman die kunstenaars, kluisenaars en kaal-voet kinders dat alle paaie nie noodwendig na Rome hoef te lei nie, maar wel na Lake Umuzi.
    Om fees te vier is in almal se bloed en na ‘n dag of tien se ontspan sien ieder en elk weer kans om die realiteite vierkantig in die oë te staar. Die organiseerders van Umuzi Week of Festivals gaan werklik uit hulle pad om te verseker dat een van die realiteite nie ‘n persoonlike-finansiëlekrisis is nie. Daarom word al die toegangsfooie tydens die fees gesubsideer, om dit so bekostigbaar moontlik te maak sodat elke feesliefhebber saam kan kom makietie hou.
    Vrydag vanaf 14:00 en Saterdag vanaf 11:00 kan wynliefhebbers van meer as 70 uitgesoekte wyne kies om van te proe teen slegs R 50.00 per persoon. Wyne is ook teen kelderpryse te koop. Die toegangsfooi sluit in ‘n glas, ‘n Nib ‘n Sip bordjie en 25 wynproe kaartjies. Wandel tussen die wynstalletjies of vly neer op ‘n piekniekkombers onder die Wilgebome by die KWV Boulevard. Luister na die Franse klanke van Phillipe Abalovi of suiwer Afrikaanse klanke deur die bekroonde Petronel Baard en Stef Kruger. Nie-wyndrinkers en kinders se dagtoegang is gratis. Daar gaan springkastele wees vir die jong-klomp. Om 18:00 word die deure na die Marquee-tent oop gemaak en diegene wat sy dag/aandkaartjies aangeskaf het teen R 150.00 per persoon kan dan die tent binne gaan en die alom bekende Radio Kalahari Orkes, Adam Tas of Jannie Moolman sien optree op die verskeie aande.
    Vir die wyn-fanatikuste wat nie wil kies en keur tussen die verskillende aande of wyne nie, kan teen R 450.00 per persoon al drie die aande, asook altwee die wynproe dae kom deel hê aan die feestelikheid. ‘n Bonus van eenhonderd wynproekaartjies word ook by die toegangskaartjie ingesluit.
    In die Makoro onthaal saal gaan daar ook van Secunda se plaaslike kunstenaars hulle kunswerke uitstal. Hierdie is werklik ‘n sakpas wyn-makiete en geeneen het ‘n verskoning om die feestelikheid mis te loop nie.
    Vir meer inligting kontak 072 580 8563 of gaan kyk gerus op www.umuzifest.co.za – Rolin Booysen

    Drie dae Wyn-Makietie