fbpx

Donate and HELP us spread the News

We need your HELP!, Donate R50 to assist The Bulletin in reporting on your Community News. Click on the donate button on the right. →

Friday, September 25, 2020
Pay
16.1 C
Secunda
More

    #wyn-inni-tyn en Jo Black hartseer

    Jo se span het aangedui dat Lake Umuzi heel eerste op die lys is om op te tree na sy herstel. Dit sal hopelik reeds Sondag 4 November wees.

    Met Wyn-inni-tyn om die draai is dit met ‘n seer hart wat ons moet aankondig dat Jo Black vanjaar nie sal kan optree nie. Hy het ‘n noodoperasie ondergaan op Sondag 9 September. Jo se span het aangedui dat Lake Umuzi heel eerste op die lys is om op te tree na sy herstel. Dit sal hopelik reeds Sondag 4 November wees. Alle sterkte aan hom tydens sy herstel. Vanjaar se Wyn-inni-tyn hou baie in vir alle wyn en spyse liefhebbers. Met Radio Kalahari Orkes Donderdagaand, Adam Tas Vrydagaand en Jannie Moolman Saterdagaand is dit propvol vermaak! Gedurende die dag gaan Stef Kruger, Petronella Baard, Phillipe Abalovi en vele ander ook optree. Behalwe vir die wonderlike vermaak gaan daar meer as 20 wynplase verteenwoordig word met meer as 50 wyne om van te kies, smullekker kos om aan te knibbel, die KWV Boulevard om by te draai, boetiek-jenewers (Gin) om te geniet en 10 kosstalletjies onderandere: Grieks-, Duits- en Spaansekosse en verskeie ander snuffel stalletjies om te kan ondersteun. Ingang is gratis en vir ‘n fooi van R50 word die volgende ingesluit: ‘n glas, ‘n “Nip ‘n Sip” bordjie en 25 wynproekaartjies.
    Donderdagaand maak die tent om 18:00 oop, Vrydag 14:00 en Saterdag 11:00. Die koste is R150 vir die kunstenaarstent. Beperkte kaartjies beskikbaar by die hek. – Ané Prinsloo

    #wyn-inni-tyn en Jo Black hartseer