fbpx

Donate and HELP us spread the News

We need your HELP!, Donate R50 to assist The Bulletin in reporting on your Community News. Click on the donate button on the right. →

Saturday, September 26, 2020
Pay
16.1 C
Secunda
More

    So is die lewe

    “Sometimes happiness is a feeling, sometimes it’s a decision.”

    Jy dink jy ken iemand. Na baie ure se saamwees, lag en praat, soms ernstig, soms ligsinnig, meen jy dat daar nie wegsteekplekke in daardie persoon se lewe is nie. En dan, onverwags, tree hy totaal vreemd op. Daar kom skielik ‘n faset na vore wat jy nie geken het nie. Dit is ‘n redelik algemene verskynsel. Bedryfsielkundiges het selfs al rekenaarprogramme, byvoorbeeld die “Thomas International System”, ontwikkel om gedragspatrone te probeer voorspel wat aanduidings gee hoe ‘n persoon se optrede onder druk kan verander.
    Dit gebeur in alle vlakke van ons bestaan, selfs in jou intieme kring, soos jou huwelik, en jou werksomgewing, dat jy dikwels verras word deur mense wat skielik anders optree as wat jy gedink het hulle sal. Daar is vele oorsake hiervoor, maar een van die mees algemene in ons land, in hierdie fase van ons bestaan, is PTSD, of die sogenaamde Post Traumatiese Stres Sindroom. Ek het die eerste keer daarmee te doen gehad toe ‘n rustige, gelykmatige soldaat op ‘n aand skielik net beserk geraak het. Sy vrou het my gebel, en toe ek die paadjie opstap huis toe, het hy op die stoep gestaan met sy 9mm-pistool op my gerig. “Vanaand skiet ek jou vrek!” So het ek hom nooit geken nie, nie eens vermoed dat dit kan gebeur nie. En toe, met beradingsgesprekke, het baie goed uitgeborrel. Vele kontakte met die vyand in die oorlog waaroor nooit gepraat is nie, het sy gemoed diep gewond. Maar dis net weggebêre. Nooit hanteer of bespreek nie. En ek het besef: mens se psige, jou onderbewussyn, is soos ‘n ballon onder die water. Net die puntjie steek bo die water uit. Elke ervaring wat jy het, laat daardie ballon swel. Jou onderbewuste gaar dit op, vergeet dit nooit nie, al kan jy dit nie meer onthou met jou normale geheue nie. En dan, op ‘n dag, is daar net iets kleins nodig om ‘n groot uitbarsting te veroorsaak. Dan raak ‘n persoon buite homself. Al was daardie slegte ervarings vir baie jare goed weggebêre. Daar is baie middeljarige mans wat dieselfde belewenisse deel oor hulle militêre diensplig. En hulle vrouens en kinders verstaan nie hulle diepste herrinerings en ervaringe van daardie enersyds kontroversiële, maar andersyds ontstellend werklike deel van hulle lewe nie. Vrouens verstaan dikwels nie hulle mans se nagmerries, of stiltes, of woedeuitbarstings nie, of waarom klappers wat teen nuwejaar raas, hulle man so laat skrik, of laat versteen van vrees, of natgesweet laat nie. Ook nie waarom baie mans of sekere onderwerpe vermy, of heftig reageer as daaroor gepraat word nie. Ook nie as soveel sterk manne, wat grootgemaak is dat “cowboys don’t cry”, hulle séér probeer verdoof deur byvoorbeeld die voorbok op ‘n partytjie te wees nie. Coenie de Villiers sing in sy lied Bossies “ja meneer / ek ken die hel / ek is daarheen gestuur / teen ‘n lys afgetel.” Maar daar is veel meer vlakke waar PTSD voorkom. Ek lees op Facebook van die Bulletin se verslaggewers wat nou onlangs ‘n grusame ongelukstoneel in eMbhalenhle besoek het, minute nadat dit plaasgevind het. Bloed, lyke, wrakke, geweld, beserings los indrukke op enige mens, al is dit daaglikse gebeure in die normale uitvoering van jou pligte. So ook by polisiemanne, noodpersoneel, beraders, selfs regslui en dokters. Daar was onlangs ‘n onderhoud met die staatsaanklaer wat ‘n baie prominente moordenaar hier in die Kaap skuldig laat bevind het aan moord op sy ouers en broer. Een opmerking van haar tref my: “Ek huil lankal nie meer nie,” sê sy. Post-traumatiese stres kom op baie ander vlakke voor. Hoeveel mense is nie al beroof of gekaap, met of sonder geweld nie? Hoeveel mense het nie al in hulle huise ingestap en gesien dat die televisie en elektriese ware weg is, of die motor gesteel is nie? Ek vermoed dat jy deesdae aan PTSD kan ly selfs deur net na Facebook of die aandnuus te kyk, selfs die Huisgenoot en koerante te lees. Moord, doodslag, verkragtings, molestering, dieremishandeling, rassisme, onverantwoordelike politieke uitsprake oor byvoorbeeld grondonteiening láát sy spore op mense. Daarmee saam gebeur dinge met jou wat jy nooit besef ook jou gemoed diep kan wond nie: dood van ‘n geliefde, jou kinders wat uit die huis gaan of emigreer, die verlies van jou gesondheid, aflegging by die werk, bankrotskap, egskeiding. Ons praat dikwels nie oor hoe ons hierdie goed beleef nie. En dis gevaarlik. Want as jy ‘n minder ernstige trauma beleef, kan dit die massiewe onderdrukte ballon onder die oppervlakte van jou lewe laat oopbars. Terugflitse van ernstige trauma in jou lewe kan loskom in eenvoudige gebeure, soos byvoorbeeld as jy jou kar se sleutels binne in die kar toesluit. En hierdie belewenisse kan so erg wees, dat jy fisiese simptome kry: spiere wat verstyf. oormatige angs en sweet, nagmerries, slaaploosheid, woedeuitbarstings. Mense wat jou goed ken, kan dink dat jou persoonlikheid verander het.
    Om die drake van jou lewe te konfronteer, is baie beter as om hulle te vermy. Kyk hulle in die oë, identifiseer hulle, en moenie toelaat dat hulle jou afskerm van ‘n sinvolle, vreugdevolle lewe nie. Kan jy nog geniet? Wanneer laas het jy hardop, uit jou maag uit gelag? So dat die trane loop? Mens kan dit alleen regkry as jy die slegte ervarings van jou lewe elimineer. Vra iemand wat jy vertrou om jou daarmee te help. “Sometimes happiness is a feeling, sometimes it’s a decision.” – Ds Marius Britz

    So is die lewe