fbpx

Donate and HELP us spread the News

We need your HELP!, Donate R50 to assist The Bulletin in reporting on your Community News. Click on the donate button on the right. →

Thursday, September 24, 2020
Pay
16.1 C
Secunda
More

    NG Kerk Trichardt Gholfdag sukses

    "Dit was ‘n geslaagde en baie aangename dag gewees."

    Die NG Kerk Trichardt het die afgelope naweek ‘n gholfdag te Walkerpark aangebied. Volgens ds. Coen Sutton was dit ‘n geslaagde en baie aangename dag gewees. 91 spelers het ‘n wonderlike sonskyndag beleef.
    Spelers is reg aan die begin met ‘n heerlike koffie en lekker vars tuisgebakte beskuit verwelkom!.
    Die hoofborg, het die opwindende uitdaging gestel dat ‘n kolskoot op die 8ste putjie met R10,000 beloon sou word.
    Die 4-bal kompetisie is met ‘n telling van 112 punte gewen deur Gae Burger, Riaan Burger, Peet Murray en Jacques de Beer.
    Die gholfdag is deel van die gemeente se jaarlikse fondsinsamelingsprojekte wat ons help om ons verantwoordelikhede teenoor die gemeente en die gemeenskap na te kom.
    So ‘n dag sou nie suksesvol aangebied kon word sonder die vriendelike, goedhartige en welwillende ondersteuning van die hoofborg, die putjieborge, asook donateurs en skenkers van pryse vanuit die gemeente en die gemeenskap nie.

    The Bulletin NewsThe Bulletin News

    NG Kerk Trichardt Gholfdag sukses