fbpx

Donate and HELP us spread the News

We need your HELP!, Donate R50 to assist The Bulletin in reporting on your Community News. Click on the donate button on the right. →

Saturday, September 19, 2020
Pay
16.1 C
Secunda
More

    Stoeiers presteer

    Secunda Stoeiklub het twee Stoeiers gehad wat aan die SA Junior en Senior Stoei Kampioenskappe deelneem het in Newcastle KZNatal en het baie goed gepresteer. Hulle was deel van Mpumalanga Stoeispan.
    Nico van den Berg het die Goue Medalje gewen in Junior Vrystyl 57kg afdeling en is die SA Kampioen in die afdeling.
    Zara D’Abbadie het Goue Medalje gewen in die Vroue Senior -50kg – afdeling en is SA Kampioen in die afdeling.
    “Ons is baie trots op die twee stoeiers se prestasie,” het Johan van den Berg, die President van Secunda Stoeiklub gesê.
    Zara het het die huidige SA Vroue Stoei Kampioen in die 50kg afdeling – Patricia Theledi van Sentraal Gauteng geklop in die finaal met ‘n val in 32 sekondes.
    Nico het in sy tweede wedstryd sy teenstander Gerald Marais van die Boland gewen om hom te oorskadu met ‘n verskil van meer as tien punte in 19 sekondes.
    Die volgende Groot SA Stoei Kampioenskappe is 5 & 6 Oktober 2018 in Kaapstad waar die SA Jeug Stoei Kampioenskappe gaan plaasvind.
    Dit is stoeiers vanaf 9 jaar tot 15 jaar. Harde werk wag die stoeiers om reg te wees in Oktober 2018.

    Van die Stoeiers van Secunda Stoeiklub wat Medlajes gewen het tydens die Mpumalanga Klub Kampioenskappe en Mpumalanga Pumatjie Toernooi.
    Agter: Anrich Venter, Tiaan Carelse, Nico van den Berg, Pieter Bezuidenhout.
    Voor: Du-Handre Putter, Janlu Lourens, Reagen Meyer, Brussow Francke.

    Stoeiers presteer