Rico Stans, Nico van den Berg, Jordan Webb en Wico Stans het presteer by die Sentraal-Gauteng Ope-kampioenskap.

Stoeiers van Sasol-stoeiklub het in Mei aan die Brakpan-uitdaging by Brakpan-stoeiklub deelgeneem en altesaam 300 stoeiers het sake op die stoeimat uitgespook.
Die stoeiers wat presteer het, is Jordan Webb wat eerstge geëindig het, Reagen Meyer wat ’n trofee vir deelname ontvang het, Zak Manaia (sewende), King Xaba (sesde), Ludolph Steenkamp (sesde) en Hein Meyer (sewende).
Vier stoeiers van Sasol-stoeiklub het op Saterdag, 3 Junie aan die Sentraal-Gauteng Ope-stoeikampioenskappe in Pretoria deelgeneem en presteer.
Jordan Webb en Nico van den Berg het elk ’n goue medalje ingepalm, Wico Stans het ’n silwer medalje los gestoei en Rico Stans ’n brons medalje.