fbpx

Donate and HELP us spread the News

We need your HELP!, Donate R50 to assist The Bulletin in reporting on your Community News. Click on the donate button on the right. →

Thursday, April 9, 2020
Pay
16.1 C
Secunda
More

    Hendry lei span na Ierland

    Hendry Erasmus was die spanbestuurder van die Suid-Afrikaanse vroue-potspelspan wat vroeër in Oktober na die Wêreld ‘Blackball’-kampioenskappe in Ierland gereis het.
    Hoewel dit ’n moeilike toernooi was volgens Hendry, het sy span die kampioenskappe gewen en met ’n goue medalje na Suid-Afrika teruggekeer.
    “Ons het goed begin en Frankryk met 14-11 geklop.
    “Ons het egter daarna twee wedstryde in ’n ry verloor,” het Hendry vertel.
    Ná hy hard met sy span gepraat en hulle aangemoedig het, het hulle vir Gibraltar geklop met 21-11 en sodoende deurgedring na die kwarteindronde waar hulle vir Skotland met 8-2 geklop het.
    “In die halfeinrdonde het ons teen Noord-Ierland te staan gekom wat op daardie stadium van die kampioenskappe alles gewen het.”
    Suid-Afrika was eers agter met ’n telling van 9-1, maar het Noord-Ierland toe geklop met 12-12.
    Hulle het in die eindronde met Frankryk kragte gemeet en die wentelling van 13-12 het Suid-Afrika die goue medalje besorg.
    Suid-Afrika se ander spanne het ook puik presteer en goue, silwer en brons medaljes huis toe gebring.
    Hendry het in 2014 vir die eerste keer die Suid-Afrikaanse meesterspan na Skotland gelei vir die kampioenskappe.
    Dié span het toe met ’n silwer medalje huis toe gekom.
    Om as ’n spanbestuurder gekies te word, moes Hendry aan sereke vereistes voldoen het.
    “’n Mens moet potspel op provinsiale vlak speel en aansoek doen en gekeur word,” het hy gesê.
    Die volgende kampioenskappe vind in 2018 in Australië plaas en Hendry hoop om dan weer ’n span te lei.
    Die president van die SA Q Sport Assosiasie, Saths Reddy, het gesê Hendry was ’n uitstekende spanbestuurder op die kampioenskappe.
    Hendry het ná skool eers op rugby gefokus, maar kon toe weens ’n besering nie meer rugby speel nie en het toe met potspel begin.
    Hy is tans voltyds betrokke en ’n vennoot by Marco’s Pool Club.
    Hy is ook ’n uitvoerende lid van die SA 9 Ball-assosiasie en die National Blackball Federation.
    Dit is vir Hendry belangrik dat potspel as ’n sport wêreldwyd bevorder word. Sewe nuwe lande het onlangs ook begin om aan potspel as sport deel te neem.
    “Suid-Afrika was die eerste land wat potspel as sport erken het in 2004 en Suid-Afrika het dan ook die eerste wêreld-kampioenskappe in Engeland aangebied in 2006,” het Hendry gesê. Hendry speel al vir die afgelope vyf jaar in die Mpumalanga A-span en in sy vrye tyd speel hy meer potspel en kyk graag sport op televisie. – Jana Oosthuizen.

    Hendry Erasmus met die trofee en medaljes wat Suid-Afrika gewen het.
    Hendry Erasmus met die trofee en medaljes wat Suid-Afrika gewen het.

    Hendry Erasmus was die spanbestuurder van die Suid-Afrikaanse vroue-potspelspan wat vroeër in Oktober na Ierland getoer het vir die Wêreld ‘Blackball’ Kampioenskappe.
    Hendry Erasmus was die spanbestuurder van die Suid-Afrikaanse vroue-potspelspan wat vroeër in Oktober na Ierland getoer het vir die Wêreld ‘Blackball’ Kampioenskappe.

    Hendry Erasmus en die vroue-span wat hy na Ierland gelei het. Die span bestaan uit Tasneem Solomons, Labeeqa Brenner, Olivia Leander, Apsra Panchoo en Fatima Buckton.
    Hendry Erasmus en die vroue-span wat hy na Ierland gelei het. Die span bestaan uit Tasneem Solomons, Labeeqa Brenner, Olivia Leander, Apsra Panchoo en Fatima Buckton.

    Hendry Erasmus by van sy spanlede, Labeeqa Brenner, Apsra Panchoo, Tasneem Solomons en Fatima Buckton.
    Hendry Erasmus by van sy spanlede, Labeeqa Brenner, Apsra Panchoo, Tasneem Solomons en Fatima Buckton.

     

    Hendry lei span na Ierland