Thursday, March 28, 2024

Marietha Cole tree af na ‘n lang suksesvolle loopbaan

Bookmark
Bookmarked

Laerskool Secunda neem afskeid van Marietha Cole as hoof aan die einde van November

Daar is soms mense wat deur hulle loopbane geen nalatenskap laat nie, dan is daar mense soos Marietha Cole. ‘n Merkwaardige vrou wat altyd onthou sal word vir die passie waarmee sy dinge aangepak het.

Marietha het in haar jare as hoof by Laerskool Secunda die skool geneem na groot hoogtes en dit ‘n spog skool gemaak. Sy het in 1980 hier in Secunda beland nadat haar man werk aanvaar het by Sasol. Sy het Netbal gespeel tot en met die ouderdom van 40 en dalk meer merkwaardig as skeidsregter opgetree tot en met 57.

Lees ook: Remarkable Marietha Cole, Principal of Laerskool Secunda

Ouers sal nog onthou hoe Marietha in die koue winter die verkeer gereguleer het tydens die Covid beperkinge. Sy is voorwaar ‘n vrou wat nie skroom om in te spring en die lyding te neem nie.

Lees gerus: Verkeer of skool, Marietha Cole hanteer albei met gemak

Laerskool Secunda het Saterdag, 6 November ‘n spog afskeid vir Marietha gereĆ«l by Symphony’s in Secunda Mall. Dit was bygewoon deur vriende en kolegas.

Daar was ‘n paar sprekers wat hulle ervaringe met Marietha aan almal oorvertel het.

Rowland Jones het die aand geopen met gebed en ‘n kort woordjie oor Marietha gelewer.

Rowland open die verrigtinge

Paul van den Berg, Bestuurder: Bemarking, Verhoudings & Reklame van Laerskool Secunda het sy verhaal van Marietha oorvertel. Hy het ook uitstekend as seremonie meester opgetree en gereeld die klein gehoor aan die lag gehad met skerp opmerkings.

Paul van den Berg vertel van sy ervaring by Laerskool Secunda met Marietha as hoof

Pieter Venter, oudkolega, het bietjie oor haar loopbaan vertel.

Pieter Venter vertel meer oor Marietha se loopbaan

Melvin Jones het die gehoor vertel van die kwaliteite wat hy sal wil sien in ‘n nuwe hoof. Dit is die kwaliteite wat hy by Marietha gesien het.

Melvin Jones vertel van die kwaliteite van Marietha Cole as hoof

Marietha het ook self geleentheid gehad om te praat oor haar loopbaan. Sy het vertel oor haar liefde vir die onderwys, haar mense om haar en die kinders by die skool. Sy het vertel hoe sy by verskillende skole onderwys gegee het en geleer het by elkeen.

Marietha aan die woord

Roco de Villiers het vir uitstekende vermaak gesorg. Hy het die aand op sy besonderse manier afgesluit.

Roco de Villiers het vir uitstaande vermaak gesorg

Dit was ‘n aand van hartseer oor die aftrede van Marietha maar dit was ook ‘n besonderse huldeblyk aan ‘n vrou van een van die ikone van die onderwys geword het. ‘n Vrou wat nie geskroom het om in te spring en self die dinge te doen nie. ‘n Vrou wat met elkeen ‘n besonderse band gesmee het, of dit nou grootmense of die kleinste kindertjies was, sy het omgegee vir elkeen.

Marietha Cole het afgetree maar gaan nog in die dorp woon. Sy het beslis nie uitgetree nie.

Lees ook: Laerskool Secunda hoof vier haar 64ste verjaarsdag in grendeltyd

Dankie Marietha vir die besonderse manier wat jy as Hoof, Ma, Besigheidsvrou en sommer as mens, mense om jou aangeraak het. Ons sal ons oog op jou hou want ons is seker daar is alweer ‘n nuwe avontuur wat jy sal aanpak.