Hoërskool Secunda skop jaar af op ‘n gallop

0
118
Me. Michelle Hennop en Me. Amelia Fourie het nuut by Hoërskool Secunda se span aangesluit. Me. M. Hennop sal verantwoordelik wees vir die onderrig van Wiskunde en Me. A. Fourie vir English FAL
Twee personeellede is tydens die onlangse opleidingsgeleentheid van die provinsie se landsdienspersoneel tot die provinsiale bestuurspan verkies. Me. J. Rudolph se portefeulje is Hoërskool verteenwoordiger en jeugskakel. Mnr. D. Scheepers se portefeulje behels Sosiale media en sang.
Naudè Erasmus, tans ‘n Gr. 11- leerling van Hoërskool Secunda, het die afgelope vakansie aan die SA Junior Jukskeikampioenskappe te Kroonstad deelgeneem. Hy is gekies vir die SA Akademie -span wat later vanjaar na Uganda gaan toer.
Nicolien Janse van Rensburg, ‘n matrikulant van Hoërskool Secunda, het die afgelope vakansie vir die tweede keer aan die Vrouekrieket SA T20-Superliga vir die Starlights span op Nuweland in Kaapstad deelgeneem. Die T20-liga is ‘n binnelandse kompetisie waar vier spanne oor drie dae kragte meet. Verskeie Protea-sterre het ook aan die kompetisie deelgeneem.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here