TP Stratten groet ou vriende

0
61
Dit is met hartseer dat die hoof, mnr. Mossie Ourique en sy personeel op 5 Desember 2019 afskeid geneem het van kollegas wat ná baie jare by die skool, ‘n nuwe fase in hul lewe gaan begin. 3 kollegas tree af en gaan met pensioen. LNR voor: Me Corrie Crause, onderwyseres (pensioen: gaan in Gordonsbaai woon na 23 jaar by TP Stratten), me Selina Tshoba, assistent, (pensioen na 35 jaar by TP Stratten), mnr Thomas Mtsweni, assistent (pensioen na 36 jaar by TP Stratten) LNR agter: Mnr Mossie Ourique, skoolhoof, me Yolandi Badenhorst, onderwyseres (bedank om eie besigheid te begin), me Anjonette Erasmus, onderwyseres (skuif na Evander Hoër), mnr Johan Labuschagne, onderwysstudent (skuif na Laerskool Leandra).

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here