Mpumalanga Kampioenskappe vir Laerskool Gholfers

0
122
Op Maandag, 4 November, het die Hoëveldrif streek die Mpumalanga Kampioenskappe aangebied op Graceland vir Laerskool Gholfers. Die 18 lede, waarvan 12 seuns en 6 dogters was, van die Hoëveldrif span is gekies na aanleiding van die Hoëveldrif-proewe en Laerskool Liga. Daar was 11 Laerskole en 95 Laerskool Gholfers betrokke in die Liga. Al 4 streke in Mpumalanga (Nkangala; Hoëveld Bond; Laeveld & Hoëveldrif) het hul beste Gholfers gestuur, daar was 45 Seuns en 14 Dogters op die dag. Na 18 putjies in die warm son op Graceland se baan is daar 12 seuns en 6 dogters gekies om Mpumalanga te verteenwoordig by die Interprovinsiale Laerskole Gholfkampionskappe wat vroeg Desember gespeel word.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here