Laerskool Kruinpark is tops!

0
239

Laerskool Kruinpark se Juniorkoor het Sondag, 13 Oktober deelgeneem aan die Sing in Harmonie Finaal wat by Gold Reef City plaasgevind het. Laerskool Kruinpark het 2de plek verower en is een van bitter min skole wat met ‘n 2de plek deurgedrink het na die Nasionaal wat 31 Oktober by Kaleido Teater in Kemptonpark gaan plaasvind. Laerskool Phalaborwa het 1ste plek gekry en Laerskool Arborpark van Newcastle het 3de plek verower. Laerskool Kuswag het die Kykerskeuse gewen. Die Juniorkoor word begelei deur Juffrou Hannerie Fourie en Juffrou Marianna Victor.
Buitesport dans
San-Mari van den Berg (links) en Twané Kruger (regs) van Laerskool Kruinpark het Tilana Dance Academy verteenwoordig tydens die skoolvakansie by die American Dance Awards.
San-Mari behaal SA Kleure vir 4 van haar danse en Twané behaal SA Kleure vir al haar danse en word altwee uitgenooi om die SA-Span te verteenwoordig in Orlando, Amerika.
Twané ontvang Goud met haar Free Style dans en kry Wenner status in die Junior SA Kategorie. San-Marie ontvang Goud met haar Disco dans en kry Runner Up status in die Junior SA Kategorie.
Spelathon
Nicole Bhika en Dazané van Heerden het Vrydag 11 Oktober aan die ATKV Spelathon – Nasionaal in Bloemfontein gaan deelneem en Laerskool Kruinpark verteenwoordig.
Die pragtige dogters het hulle goed van hul taak gekwyt en het Dezané van Heerden 8ste plek behaal en Nicole Bhika het 2de plek behaal wat ‘n ongelooflike prestasie is.
Juffrou Nicole MacFarlane het hierdie meisies al die pad ondersteun!
Perdry
Misché Bothma, leerling van Laerskool Kruinpark, het vanaf 26-28 September aan Secunda Landbouskou deelgeneem met haar perd Ludwig Giza.
Sy het die volgende prestasies behaal:
1ste Plek – 3 gang Merries
2de Plek – Kinderruiter O/14 jaar
1ste Plek – Kenderperd O/14 jaar
5de Plek – Nuweling 3 gang
Reserwe Kampioen – Merries bo 5 jaar – In hand
Kampioen – Kinderruiter O/14 jaar
Kampioen – Kinderperd O/14 jaar
Jukskei
CJ Viljoen (regs) en JD van Coller (links), leerders van Laerskool Kruinpark is opgeneem in die Jukskei Mpumalanga Span.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here