Laerskool Kruinpark spog

0
59

Literacy Day het 2 Oktober by Sasolia Primary plaasgevind. Waar twee van Laerskool Kruinpark se leerders deelgeneem het.
Mischa Oosthuysen het 1ste plek verower in unprepared reading en Dezané van Heerden het 2de plek ontvang vir public speaking!
Hokkie
Bianca Alberts en Celine Burger is altwee leerders van Laerskool Kruinpark. Die twee Graad 6 leerders gaan in Desember Hokkie speel in Nederland! Hulle altwee het vanjaar Mpumalanga Hokkie gespeel wat in Tzaneen was. Hulle speel al saam hokkie van Graad 1 af en het nog nooit opgehou nie!
Bianca speel netbal en tennis en het provinsiale kleure vir dans, hokkie en tennis. Bianca speel tans vir die 1ste span tennis en speel ook by Tennis SA waar sy deel is van die span.
Celine speel ook netbal, is deel van die fietsry span en doen gimnastiek. Sy het ook provinsiale kleure in haar onderskeie sportsoorte.
Nederland is bekend vir die beste hokkie afrigters in die Wêreld. Die hokkietoer word deur Vision Sport aangebied wat jong potensiële speler raaksien en die kans gun om verder te ontwikkel. Die jong spelers gaan streekswedstryde en klubwedstryde speel waar professionele afrigters gaan fokus op tegniek en afrigting. Baie geluk aan hierdie meisies!

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here