Tannie Poppie se: Gemmerpatats

0
37

6 groot patats
190 ml bruinsuiker
50 ml gouestroop
250 ml room
1 pakkie (200g) gemmerkoekies
250 ml gesnipperde malvalekkers

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C
  2. Kook die patats met die skil in soutwater tot sag
  3. Meng die suiker, stroop en room saam
  4. Skil en sny die patats in skywe
  5. Pak nou ‘n laag patats gevolg deur n laag koekies in ‘n gesmeerde, oondvaste bak. Herhaal die lae tot al die bestanddele opgebruik is
  6. Gooi die suikermengsel bo-oor
  7. Bedek met die malvalekkers
  8. Bak 20-30 minute lank tot gaar

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here