Dinamiese Dano

0
165

MATRIKULANT VAN DIE JAAR 2019!
Dit is met groot trots dat ons aankondig dat Dano Sadie, een van 14 finaliste is vir hierdie prestige kompetisie op 27 September.
Baie geluk aan Dano en sy ouers. Hy het keuring gekry om Mediese te gaan studeer by twee universiteite; Universiteit van die Vrystaat in Bloemfontein en ook by Universiteit van Pretoria (Tukkies).
Dié spreek boekdele oor Dano se toewyding as leerder by Oosterland. Dit bewys ook weer dat ons Oosterland-leerders dit vêr kan vat! Daar is genoegsame ondersteuning, akademiese hulp en omgee by ons skool.
Dit is die 3de keer dat ‘n Oosie genomineer word vir hierdie kompetisie. Ons het ook al ń wenner opgelewer: Juan – Mari Kruger het dit in 2004 gewen. Ons beste wense vergesel Dano na Bloemfontein. Oosterland weet jy het dit in jou! Gaan wys hulle!!

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here