Hoërskool Secunda

0
282
Hoërskool Secunda se O/16A jukskeispan het hulle liga gewen en is op pad Noordvaal toe! Hulle is: Biaan van Coller, Divan Swart, Naude Erasmus en Blyden Deminey.
Die volgende leerders van Hoërskool Secunda het op 5 en 6 September aan die Con Spirito Eisteddfod se Forte rondte in Bedfordview deelgeneem: Die volgende leerders was MP wenners tydens die Con Spirito Eisteddfod: Henri Viljoen Redenaars Afrikaans Gr 10 – 12 en Gedramatiseerde Poësie, Laetitia van Eck Sang ligte musiek en films, Sumonè Gravett Instrumentaal Klavier, Lana Hyman Gr 8 Redenaars, Realette Pool Gr 11 Kreatiewe skryfwerk Eng Add Poem, Sonèl de la Rey Gr 11 Kreatiewe skryfwerk, Afr HT Opstel, Afr HT gedig, Eng Add Essay . Tydens hierdie funksie is die volgende leerders as nasionale wenners aangewys: Henri Viljoen – Redenaars, Sumonè Gravett – klavier, Realette Pool – English FAL Poetry, Laetitia van Eck beide sangitems gewen en wenner van haar afdeling. Voor vlnr: Realette Pool, Laetitia van Eck. Agter vlnr: Sumoné Gravett, Henri Viljoen

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here