Aviation Junction Flying School verwelkom Morning Star Flying School

0
405

Die “Spot Landing” en “Flower Bomb” kompetisie wat die afgelope naweek in Secunda gehou is, is deur Aviation Junction Flying School allerweë as ‘n groot sukses beskou.
Die kompetisie tussen Aviation Junction Flying School en Morning Star Flying School, vanaf Kaapstad, het altesaam 6 ligte vliegtuie ingesluit onderandere: Slings, C182’s en ‘n Jabiru wat deelgeneem het. Die kompetisie het sonder enige voorvalle afgeloop.
Daar is van die vlieëniers vereis om die vliegtuig se wiele so akkuraat en naby as moontlik op n breë wit lyn sowat 50m van die “threshold” af neer te sit en die tweede komponent om ‘n “Flower Bomb” bo-op dieselfde wit lyn neer te gooi. Die vliegtuie se vlerke is behoorlik gesprei met die deelneem van die kompetisie en die vlieëniers se vliegkuns is verseker op die proef gestel.
Alhoewel ongure weer en sterk winde Secunda geteister het kon niks die entoesiasme en gees van die vlieëniers demp nie, soveel so dat die weer nie anders kon as om te verbeter nie.
Na afloop van die kompetisie het vlieëniers die dag se aktiwiteite afgesluit met ‘n vleisie op die kole en goeie geselskap. Dit is verseker ‘n doelwit om in die toekoms Morning Star Flying School te besoek met vele van Aviation Junction Flying School se studente. – Melissa Cilliers

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here