Kruinpark leerders spel laat die biesies bewe

0
159

Op Maandag 19 Augustus was daar ATKV Spelathon in Witbank. Ons is baie trots op Laerskool Kruinpark se 5 leerders wat deelgeneem het.
Die volgende kinders het plekke gekry:
Afrikaans Tweede taal: Nichole Bikha (1ste)
Afrikaans Huistaal: Dezané van Heerden (2de) en Marzanne du Toit (3de).
Baie dankie aan juffrou Nicole MacFarlane wat die kinders help voorberei het en hul op by die spelkompetisie ondersteun het. Dankie ook aan mnr Daniel wat die leerders veilig na Witbank en terug vervoer het. – Dezané van Heerden

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here