Tannie Poppie se: Appelkoos-kaneelkoek

0
238

1 blik (410 g) appelkooshelftes, gedreineer (behou die stroop)
5 ml kaneel
250 ml koekmeelblom
5 ml bakpoeier
125 ml suiker
2 eiers, geklits
150 g botter of margarien, gesmelt
Stroop
Stroop van gedreineerde appelkose
250 ml bruinsuiker
25 ml botter of margarien
Berei die koek:

  1. Voorverhit die oond tot 180°C (350°F)
    2.Pak die appelkose met die holtes na onder op die boom van ‘n gesmeerde, ronde koekpan
  2. Strooi die kaneel oor die appelkose
  3. Sif die koekmeelblom en bakpoeier saam. Voeg die suiker by
  4. Voeg die eiers en botter of margarien by die meelmengsel. Meng goed
  5. Gooi die mengsel stadig en eweredig oor die appelkose
  6. Bak 50 minute lank
    Berei die stroop:
  7. Vul die appelkoosstroop met water aan tot 250 ml
  8. Voeg die suiker en botter of margarien by die stroop
  9. Kook 5 minute lank in ‘n kastrol
  10. Gooi die stroop oor die warm koek sodra dit uit die oond kom
  11. Laat die koek baie goed afkoel in die pan voor jy dit uitkeer

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here